R
Trivia A | Trivia B | Trivia C | Trivia D | Trivia E | Trivia F | Trivia G | Trivia H | Trivia I | Trivia J | Trivia K | Trivia L | Trivia M | Trivia N | Trivia O | Trivia P | Trivia R | Trivia S | Trivia T | Trivia U | Trivia V | Trivia W | Trivia Y | Trivia Z
Reën
Die hoogste reënval in een jaar was 26 461 mm in 1861 in Cherrapunji in Indië. (2007)
Die hoogste reënval in 24 uur was 1 870 mm by Cilaos, Réunion op 15 Maart 1952.
Die gemiddelde reëndruppel val teen 35 km/h.
Regshandiges
Regshandiges leef gemiddeld nege jaar langer as linkshandiges.
Rekenaars
Teen die einde van 2001 was daar ongeveer 625 miljoen rekenaars in gebruik wêreldwyd.
Die gemiddelde skootrekenaar is 15 000 keer kragtiger as die rekenaar wat gebruik is om die eerste maanlanding te beheer.
Renoster
Daar is net 3 100 swartrenosters (1000+ in Suid-Afrika) en 11 670 witrenosters (10 988 in Suid-Afrika) in die wêreld wat nog wild rondloop.
Reptiel
Die grootste reptiel is die soutwater-krokodil wat 5 m lank word.
Robben-eiland
Robben-eiland is een van Suis-Afrika se gewildste bestemmings vir toeriste. 380 000 mense het verlede jaar (2004) die eiland besoek.
Romeine
Die ou Romeine het ‘n gas soveel bekers wyn aangebied as wat daar letters in sy/haar naam was.
Rondebosch
Die naam Rondebosch het inderdaad verwys na ‘n digte doringbos wat in Van Riebeeck se tyd op die wal van die Liesbeekrivier gegroei het. Die doringbos is in die middel uitgekap en daar is ‘n opening gemaak wat met ‘n hek gesluit het. Sodoende is hierdie ronde bos as ‘n veilige kraal vir die Kompanjie se vee gebruik. Die pleknaam wat die eerste keer voorkom in die aanhaling: “Ende noch een ander partije onder haar vieren 1 cleijn mijltien nader ‘t fort, bij ‘t ronde doorn bossien, aen dese sijde van do. revier, offte Amstel (C. 1, 21/2/1657) is in die 18e eeu o.a. as ‘t Ronde bos en Rondebosje geskryf, en tans as Rondebosch. Die spelvorme van plekname was oor die algemeen heel onvas. Dit is taalkundig belangrik om te bepaal hoe die vorms mekaar opgevolg en/of afgewissel het, en watter vorm gevestig geraak het en as standaardvorm steeds gebruik word. Rondebosch is ‘n goeie voorbeeld hiervan: dit begin met “ronde doorn bossien/bosjen” (C. 1, 21/2/1657), toe “Rondebosje” (C. 10, 28/12/1676), toe “ronde bossie” (C. 14, 15/2/1681) as eg-Afrikaans, selfs die verkleinwoord, toe “Rondebosch” (C. 35, 3/2/1716) afgewisselend gebruik met “Rondebosje” (C. 43, 2/11/1717), maar waarskynlik deur wedersydse invloed op en deur vorme soos Stellenbosch seëvier die Ndl. vorm uiteindelik as standaardpleknaam, naamlik: Rondebosch.(Die Burger, 27 April 2002).(Liebenberg, H. 2007. Cabo de Goede Hoop : Van Plekke en Mense. Maiores 2007, nr. 2)
Rooi
Rooi is die kleur wat die mees algemeenste voorkom in landsvlae.
Rooibos
Suid-Afrika is die enigste land ter wêreld waar rooibostee gekweek word.
Rooikoppe
Van alle lande, het Skotland het die grootste persentasie rooikoppe.
Net sowat 1% van alle mense het rooi hare.
Rotte
Rotte teel so vinnig aan dat 1 paar in 18 maande meer as ´n miljoen afstammelinge kan hê.
´n Rot kan langer sonder water klaarkom as ´n kameel.
Rotte lag as jy hulle kielie.
Rugby
Die eerste rugbytoets in Suid-Afrika is in Port Elizabeth gespeel. Dit was tussen die Britse Leeus en die Springbokke en het op 30 Julie 1891 plaasgevind. Die Leeus het 4 – 0 gewen. Die Springbokkaptein was H.H. Castens.
Ruik
FIFA 2001 is die eerste en enigste rekenaarspeletjie tot op datum wat van scratch-and-sniff tegnologie gebruik gemaak het. Die CD het na gras geruik. (2007)
Ruimterommel
Jou kanse is 1 uit 5 miljard om deur ruimterommel doodgeval te word.
Ruimtevaarder
Mark Shuttleworth was die eerste Suid-Afrikaner in die buitenste ruim.
Rubberstewel
Die wêreldrekord vir die verste gooi van ´n rubberstewel is 54,6 m. (2004)
Trivia A | Trivia B | Trivia C | Trivia D | Trivia E | Trivia F | Trivia G | Trivia H | Trivia I | Trivia J | Trivia K | Trivia L | Trivia M | Trivia N | Trivia O | Trivia P | Trivia R | Trivia S | Trivia T | Trivia U | Trivia V | Trivia W | Trivia Y | Trivia Z