// Trivia M


M

Trivia A | Trivia B | Trivia C | Trivia D | Trivia E | Trivia F | Trivia G | Trivia H | Trivia I | Trivia J | Trivia K | Trivia L | Trivia M | Trivia N | Trivia O | Trivia P | Trivia R | Trivia S | Trivia T | Trivia U | Trivia V | Trivia W | Trivia Y | Trivia Z

Maag

´n Mens se maag moet elke twee weke ´n nuwe laag slym produseer om te verhoed dat dit ditself verteer.

Maan

Neil Armstrong het op 20 Julie 1969 sy voet op die maan gesit.

Buzz Aldrin het ’n Playboy tydskrif op die maan gelos.

Makhado

Makhado se vorige naam was Louis Trichardt

Malkoeisiekte

Stanley Pruisner het malkoeisiekte ontdek.

Mans

Getroude mans kan tot 10 jaar langer leef as ongetroudes.

Mars

Mars het twee mane, Deimos en Phobos.

Die twee Mars-tuie, Spirit en Opportunity moes 483 miljoen kilometer reis om by die planeet Mars uit te kom.

Die planeet Mars het ‘n rooierige kleur, want die rotse op die oppervlak is geroes.

Medies

Dr James Barry was ‘n prominente figuur in die Suid-Afrikaanse mediese geskiedenis wat die eerste keisersnee aan die Kaap gedoen het. Na sy dood in 1865 is daar uitgevind dat hy toe al die tyd ‘n sy was.

Melkweg

Die sentrale punt van die galaksie waarin die Aarde is, die Melkweg, is 26 000 ligjare (2.45973739 × 1017 kilometers) weg. Daar word vermoed dat dit ‘n reuse Swart Gat is.

Meteoriet

Die meteoriet Hobo buite Grootfontein in Namibië weeg omtrent 60 ton.

Mickey Mouse

Wayne Allwine, die stem van Mickey Mouse, was getroud met Russi Taylor, die stem van Minnie.

Mier

Miere sal nooit oor ´n wit lyn op ´n rugbyveld loop nie. Hulle is allergies vir die wit kalk.

Daar is meer miere as enige ander lewendige ding op aarde.

Mikrogolf

Die mikrogolf is ontdek toe ´n wetenskaplike verby ´n radarbuis gestap het en die sjokoladestafie in sy sak gesmelt het.

Mis

7 miljard deeltjies mis is net mooi genoeg om ´n teelepel te vul.

Modimolle

Modimolle se vorige naam was Nylstroom.

Mokopane

Mokopane se vorige name was Vredenburg, Pietpotgietersrust, Potgietersrust en Potgietersrus.

Mosselbaai

* In Julie 1601 noem die Nederlander Paulus van Caerden dit Mosselbaaij, omdat hy hier mossels in oorvloed gekry het om sy skip se kosvoorraad aan te vul. Van Caerden het die volgende beskrywing verstrek: “Vonden het een schoon landt, sonder veel geboomte, dan wel herten, ende Olyphanten, bequamen, behalven water, weynigh verversings als mosselen, dies het de naem van Mossel-Baey gaven” (Liebenberg, H. 2007. Cabo de Goede Hoop : Van Plekke en Mense. Maiores 2007, nr. 2)

* Mosselbaai het die eerste kerk en die eerste poskantoor gehad in Suid-Afrika.

Motors

Suid-Afrika se eerste motor- en vragmotorvervaardigingsaanleg is in 1924 in Port Elizabeth geopen.

Graaf Caledon het op 23 Junie 1809 ‘n proklamasie uitgevaardig wat rytuie getrek deur osse of perde beveel om links te hou.

Muis

Die rekenaarmuis is reeds in Desember 1968 vir die eerste keer gedemonstreer. In 1981 is daar die eerste keer begin met die verkoop van muise. Eers in die vroeë negentigs het verkope in Suid-Afrika werklik posgevat.

Musina

Musina se vorige naam was Messina.

Muskiet

‘n Muskiet het 47 tande.

Swerms muskiete in die Noord-Kanadese poolstreke kan ‘n mens binne vier ure leeg suig.

Myners

Die grootste mynmaatskappy ter wêreld is die Suid-Afrikaanse Anglo Gold.

Share and Enjoy:
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • Ping.fm
  • RSS
  • Digg
  • FriendFeed
  • Google Buzz
  • Live
  • MySpace
  • Twitter

Switch to our mobile site