Die Suidoosterfees en kykNET se gewilde Suidooster-sepiesterre span kragte saam om van 2 tot 8 November 2021 ’n onvergeetlike inryteater-program aan die publiek te bring.
Sleutelwoord Argiewe:Suidoosterfees
Die dinge van ’n kind by Hoërskool Jan van Riebeeck in Oktober
Die dinge van ’n kind, gegrond op Marita van der Vyver se trefferroman, word van 13 tot 17 Oktober 2021 by Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad opgevoer.
It’s My Baby tans by Kunstekaap
Kunstekaap, in samewerking met die Suidoosterfees, bring Xolisa Ngubelanga se drama It’s My Baby tot 1 Oktober op die planke.
Finaliste van Kunstekaap en die Suidoosterfees se dramafees vir hoërskole
Die ses hoërskool-drama-groepe wat dit in die finale ronde van Kunstekaap en die Suidoosterfees se Hoërskole-dramafees gaan uitspook, is pas aangekondig.
Suidoosterfees vier Erfenismaand op hoë noot
September is Erfenismaand, en die Suidoosterfees vier vanaf die 21ste dié spesiale gebeurtenis op Suid-Afrikaners se kalender met twee Lockdown Legato-aanbiedings: Kaapsentriek en Maestro’s en mentors.
Nuwe groep liriekskrywers meld aan vir mentorskap deur Suidoosterfees en Jakes Gerwel Stigting
Ses opkomende liriekskrywers is gekeur vir die Suidoosterfees en die Jakes Gerwel Stigting se tweede liriekskryfmentorskapprogram.
Hoërskool Dramafees 2021 – aangebied deur Artscape en Suidoosterfees
Inskrywings word ingewag vir Artscape en die Suidoosterfees se dramafees vir hoërskole wat in Oktober vanjaar in Kaapstad aangebied word.
Suidoosterfees se nuwe NATi Jong Sterre aangekondig
Die nuwe groep aspirant-dramaturge wat gekeur is vir deelname aan die Suidoosterfees se NATi Jong Sterre-projek, is pas aangekondig.
Uitnodiging aan liriekskrywers wat eg Suid-Afrikaanse klanke skep
Die Jakes Gerwel Stigting en die Suidoosterfees nooi liriekskrywers en sangers wat oorspronklike liedjies in Afrikaans, Engels of isiXhosa skep om aansoek te doen vir deelname aan ’n uitgebreide mentorskapprogram.
Terug skool toe op Jeugdag met die Suidoosterfees
Die klaskamer is ’n reeks kort plek-spesifieke produksies.
