Die winter was goed vir die boere, want dit was koud en nat.
Kategorie Argiewe:Verhale
Koringlorries se geite met oestyd
Een van die wonderlike tye in Heidelberg, mits die oes goed is natuurlik, is oestyd. Wanneer die koring en gars aangery word na die silo’s.
Hennie se wraak
In Heidelberg is daar twee ou broers, van dieselfde ma en pa, maar verskillend soos Adam se Kain en Abel. Die een was ‘n koringboer en die ander ‘n veeboer – hier moet ons die Kain en Abel analogie maar eers laat vaar want die twee broers sou nie droom om die hand teenoor mekaar op te tel nie.
Spiere, sere, vuil toonnaels en pille
Die koning van die kragape was ‘n kort Skotsman met tatoes oral op sy lyf. Gordon het ‘n tabletop hamerkop gehad, en was so woes dat hy sy gewrigte altyd verbind was sodat sy hande nie sou afskeur as hy sy swaar gewigte optel nie.
Wie sê jou hart is net ‘n pomp?
Christiaan Barnard het die wetenskaplike denke onderskryf dat die hart net ‘n pomp is wat bloed in die liggaam pomp en dat die pomp van ‘n ander mens se liggaam soos ‘n tweedehandse motoronderdeel, net met ‘n bietjie groter omsigtigheid gehanteer word, want dit is per slot van sake ‘n mens met wie jy werk.
Geheim van die towerboom
In Drienie se agterplaas, in die hoek van die tuin staan ‘n yslike Eikehoutboom. Dit was hul erfstuk toe hulle hier ingetrek het. Sommige van die bure sê die boom is byna ‘n eeu oud en dat dit towerkragte besit.
Grietjie se broodkrummels
Ek het al baie gevlieg. Van Stellenbosh na Johannesburg en terug gedurende my studentejare om vir ma en pa te gaan hello sê. Toe na London vir twee jaar om vir myself te bewys ek is nou ‘n groot mens.
Die Spookmeisie van Geluksdal
Henk van Staden sit in die restaurant en teug behaaglik aan sy koppie filterkoffie. “Verskoon tog dokter, ons het heerlike vars roomkoek op die spyskaart vandag” glimlag die kelner vriendelik vir Henk.
Post Mortem
Die nag bly ‘n smal skadu. In die flikkerende kerslig het my vingers uiteindelik jou begrawe- ses jaar na jou dood. Pa. Die woord self het sy eie toorkuns. Die woord krul soos ‘n vraagteken om die punt van my tong.
Sangrila
Dis stil. Die Namib sug. Dis warm. Die vier in die klein wit huisie praat nie – dis te warm. Die hitte maak golwe op die kaal vlakte tot by die duine. Die een-een bome lyk soos vae skimme in die blinkwit warmte.
