Terwyl hy nog as ‘n joernalis gewerk het, het Johannes Kerkorrel in 1986 vir die eerste keer die verhoog betree. Hy het ‘n uiters satiriese politieke kabaret saam met die skrywer Elmarie Kitshoff en die sangeres Lieze Stassen by die Green Room in Kaapstad aangebied.
Sleutelwoord Argiewe:Johannes Kerkorrel
Kerkorrel stil
Die Afrikaanse sanger Johannes Kerkorrel is Dinsdag 12 November dood aangetref naby sy vakansiehuis in Kleinmond.
Op ‘n klein blou ghoen
Die titelsnit van Amanda Strydom se nuwe album Op ‘n klein blou ghoen is heel gepas gekomponeer in die Sterrewagteater in Bloemfontein.
Dolla se album
Afrimusik werk hard om minder bekende plaaslike kunstenaars blootstelling te gee. En dit werk – want baie van hulle kunstenaars raak al huishoudelike name.
Die Beste Afrikaanse Album in die Wêreld … Ooit
Die titel van dié album is ‘n groot aanspraak om te maak en daar sal lank gestry kan word oor of die 42 nommers regtig die beste is wat daar is.
Die ander kant
Die lang wag was toe die moeite werd! Kerkorrel het nie sy aanhangers teleurgestel nie – die resultaat is ‘n goed afgeronde vermenging van nuwe en oorspronklike materiaal.
Johannes sing Koos du Plessis
Koue wintersaand. ‘n Glasie Hanepoot en ‘n knetterende kaggel. Dán klap jy die cd-speler nader en laat JK (Johannes Kerkorrel) jou wegvoer op ‘n epiese Koos du Plessis-vlug.
Tien jaar later
Is daar ‘n mooier lied in Afrikaans as Johannes Kerkorrel se verwerking van “Al lê die berge nog so blou”?