Die benoemings vir die kykNET Fiësta-toekennings is onlangs aangekondig. Die Fiëstas is die enigste toekennings in sy soort in die land en akteurs, aktrises, regisseurs, skrywers, musikante en visuele kunstenaars word sedert 2011 vereer vir hul uitsonderlike werk by die land se grootste kunstefeeste.
Die Fiëstas word op 18 Februarie 2016 by ’n glansgeleentheid by die Staatsteater in Pretoria oorhandig. Die seremoniemeesters vir die aand is Pierre Breytenbach en June van Merch en Deon Lotz, Rozanne McKenzie, Leandie du Randt, Erik Holm en Marlo Minnaar sal as gas-aanbieders optree.
BESTE AKTEUR
Albert Pretorius ‒ Buite Blaf die Honde Swart (KKNK)
André Odendaal ‒ Skuldeiser (Woordfees)
Stian Bam ‒ In Glas (KKNK)
Wilhelm van der Walt – Son. Maan. Sterre. (Woordfees)
BESTE AKTRISE
Anna-Mart van der Merwe – Skuldeiser (Woordfees)
Milan Murray – Amper, Vrystaat (Vrystaat Kunstefees)
Sandra Prinsloo ‒ Die Dag is Bros (Innibos)
Tinarie van Wyk Loots ‒ Hemelruim en In Glas (Aardklop en KKNK)
BESTE MANLIKE BYSPELER
Dean Smith – Die Dag is Bros (Innibos)
De Klerk Oelofse – Liewe Heksie: Flower Power (KKNK)
Louis van Niekerk – Son. Maan. Sterre. (Woordfees)
Loukmaan Adams – Liewe Heksie: Flower Power (KKNK)
BESTE VROULIKE BYSPELER
Greta Pietersen – Son. Maan. Sterre. (Woordfees)
Nicola Hanekom – Son. Maan. Sterre. (Woordfees)
Tinarie van Wyk Loots – Buite Blaf die Honde Swart (KKNK)
Wilna Snyman – Son. Maan. Sterre. (Woordfees)
BESTE REGIE
Christiaan Olwagen – Son. Maan. Sterre. (Woordfees)
Jaco Bouwer – Santa Gamka (KKNK)
Nico Scheepers – Amper, Vrystaat (Vrystaat Kunstefees)
Nicola Hanekom – In Glas (KKNK)
BESTE TEATERONTWERP
Birrie le Roux – Skuldeiser (Woordfees)
Christiaan Olwagen – Son. Maan. Sterre. (Woordfees)
Nico Scheepers – Amper, Vrystaat en Die Dag is Bros (Vrystaat en Innibos)
Nicola Hanekom – In Glas (KKNK)
BESTE PRESTASIE IN ’N MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE
Amanda Strydom – Amanda Strydom: Die Hele Boksemdaais (KKNK)
Laurika Rauch – Nie As Ek Sing Nie: Laurika Rauch (Aardklop)
Margit Meyer-Rödenbeck (konsep) ‒ Liewe Heksie: Flower Power (KKNK)
Schalk Joubert (musiekregie) – Al Lê die Berge Nog So Blou (KKNK)
BESTE SPEL IN ’N SOLO-VERTONING
Gys de Villiers – Elsie se Nommers (Innibos)
Marion Holm – Die Kaap is Weer Holms (KKNK)
Marlo Minnaar – Santa Gamka (KKNK)
Wessel Pretorius – Adam 2 (Woordfees)
BESTE NUUTGESKEPTE AFRIKAANSE PRODUKSIE
Eben Venter, Marlo Minnaar en Jaco Bouwer – Santa Gamka (KKNK)
Nico Scheepers – Amper, Vrystaat (Vrystaat Kunstefees)
Nicola Hanekom – In Glas (KKNK)
Wessel Pretorius – Die Dag is Bros (Innibos)
BESTE PRESTASIE IN KLASSIEKE MUSIEK
Esthea Kruger – Rising Star (Woordfees)
Kaapse Jeugkoor onder leiding van Leon Starker – Na Waters Waar Rus Is (Woordfees)
US-koor onder leiding van André van der Merwe – US-koor (Woordfees)
Zanne Stapelberg en Odeion-strykkwartet – Odeion-strykkwartet met Zanne Stapelberg (Suidoosterfees)
BESTE PRESTASIE IN VISUELE KUNS
Alex Hamilton – Jou Daaglikse Dosis en Opskiet by die Museum (Aardklop en Woordfees)
Nathani Luneburg – As die Vlooie Byt in La La Land (KKNK)
Sanell Aggenbach – Atopia (Aardklop)
Sandra Hanekom – Die Burger 100 Jaar-uitstalling (Suidoosterfees)
BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE
Al Lê die Berge Nog So Blou (KKNK)
In die Grond van die Wind (Aardklop)
Liewe Heksie: Flower Power (KKNK)
Nie As Ek Sing Nie: Laurika Rauch (Aardklop)
BESTE AANBIEDING
Amper, Vrystaat (Vrystaat Kunstefees)
Die Dag is Bros (Innibos)
In Glas (KKNK)
Son. Maan. Sterre. (Woordfees)
Die drie persone wat by die Fiëstas vir hul lewensbydrae vereer word, is Lida Botha (teater), Ronnie Samaai (musiek) en Pieter Fourie (woordkuns).
