Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Holidays in Hell

deur P.J. O. Rourke

P.J. O'Rourke is beter bekend vir sy politieke satire, maar met hierdie boek rig hy sy vlymskerp humor tot die reisboek-genre. Holidays in Hell beskryf (volgens hom) van die aakligste toeriste bestemmings op aarde. Die Lebanon, El Salvador, Belfast, Seoel en natuurlik ook Suid-Afrika (die boek is in 1988 geskryf, voor die val van apartheid).

"Like most people who don't own Bermuda shorts, I'm bored by ordinary travel. See the beautiful Grand Canyon. Ok, I see it. Ok, it's beautiful. Now what? And I have no use for Vacation paradises...the planet I've got a chance to visit is Earth, and Earth's principal features are chaos and war. I think I'd be a fool to spend years here and never have a look." - Holidays in Hell.

P.J. word deur baie mense as Amerika se beste satirikus beskou, en hierdie "reisboek" bevestig dit - dis ´n maltrap swerftog van een absurde situasie na ´n ander. Die leser sal saam grinnik, vanaf P.J. se staptog deur Jerusalem se Via Dolorosa vermom as ´n Arabier (saam met lede van die PLO), tot by ´n voorstedelike braai saam met ´n groep baie wit Suid-Afrikaners in ´n baie wit 1986, met ´n string swart bediendes wat al die vuilwerk doen. Sy eerlike kommentaar op die SA van destyds: "I was becoming...used to having people all around me all the time doing everything for me and not doing it well". Daar is ook ´n hoofstuk met reisbeskrywings oor Lebanon tydens die oorlog, toe hy die enigste (mal) toeris binne ´n 500 km radius was, asook ´n handleiding met Derde Wêreld bestuurswenke: hoe om padblokkades te hanteer, die uitswaai vir diere op slegte paaie, en hoe om soos ´n tipiese derde wêreld inwoner te bestuur (een hand op die toeter, en die ander hande besig om vreemde tekens te gooi). Moenie hierdie boek misloop nie, al is dit net om sy hoofstuk oor SA in die 80's te lees - dit klink nou, amper twintig jaar later, soos ´n ander land...

P.J. is tans verbonde aan die Amerikaanse tydskrif Rolling Stone. Ander boeke van P.J. O. Rourke sluit in: Give war a chance, All the trouble in the World, en Eat the Rich.

Holidays in hellKoop dit!


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W