Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Elita en haar lewe met FW de Klerk

Die hoogs private Elita de Klerk vertel hier vir die eerste keer haar volle verhaal.

NŠ 'n eensame jeug in die weelderige Kolonaki in Athene en in deftige kosskole, trou sy op jeugdige ouderdom met die aantreklike miljoenÍr Tony Georgiades en neem haar intrek in die imposante Stud House in Londen. Maar steeds bly sy soekend.

Sy vergesel haar man op talle sakereise wÍreldwyd en word ma. Tog voel sy leeg. Die spoggerige hotelle en stralerjakkerlewe laat haar koud. Haar soektog bring haar na Suid-Afrika en 'n ontmoeting met die indrukwekkende FW de Klerk, die man wat eiehandig Suid-Afrika transformeer. Maar hulle is albei getroud ...

Moeilike besluite en baie hartseer volg, maar vandag is Elita oplaas 'n vervulde vrou.

Elita en haar lewe met FW de KlerkDie skrywer is Martie Retief Meiring. Sy het gematrikuleer aan HoŽrskool Port Natal in Durban en het daarna 'n BA-graad verwerf aan die Universiteit van Stellenbosch.

Sy het as joernalis by verskeie publikasies (o.a. Die Burger, Die Oosterlig, Die Vaderland en News/Check) gewerk, waar sy verslag gelewer het oor algemene-, hof- en politieke sake. Sy het rubrieke geskryf sowel as resensies van musiek, teater en boeke. Sy het ook as vryskutjoernalis gewerk vir verskeie koerante en tydskrifte en was assistant-redakteur van Vrye Weekblad.

Tydens haar buitelandse periode was sy verslaggewer vir Nasionale Koerante sowel as vir South Africa in London. Daar was sy ook buitelandse verteenwoordiger vir die Nasionale Pers en het sy oor Suid-Afrika berig vir die BBC (British Broadcasting Corporation).

Sy het weeklikse nuusoorsigte vir SAUK TV gelewer en ook in die SAUK Adviesraad gedien.

Sy behoort aan verskeie organisies o.m. Bussiness and Professional Women, Women in Media en Johannesburg Women's Buro. Sy is ook 'n stigterlid van Vroue vir Vrede (Women for Peace), Kontak (Contact), Suidooster Kunstefees en Aardklop Nasionale Kunstefees waar sy as direkteur dien.

Sy skryf kortverhale en haar werk is al in drie bundels opgeneem.

Sy is getroud met die argitek Hannes Meiring vir wie se boek, My Country in Line and Country, sy die kopie geskryf het. Hul dogter, Karen Meiring, is tans reklame beampte vir kinder- en jeug publikasies by NB Uitgewers in Kaapstad.
Koop / Buy Elita en haar lewe met FW de Klerk ...

Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2008, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W