Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Woorde wat heel maak

Woorde wat heel maak

Christina Landman se boeke wek altyd die verwagting van iets besonders, selfs opspraakwekkend. Maar die uitgewer van haar jongste boek, Lux Verbi-BM sê Woorde wat heel maak is meer as dit. Dit word beskryf as ´n tour de force, ook omdat Landman hier na vore tree as meester-storieverteller! Geen wonder dat die boek op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees soos soetkoek verkoop het nie.

Professor Landman, wat in die Kerkgeskiedenis by Unisa doseer, is bekend as kampvegter vir vroueregte en doen ook baie berading. Sy voel hartstogtelik vir slagoffers van emosionele, verbale en fisieke geweld. In Woorde wat heel maak vertel sy die verhale van sulke vroue en wissel dit af met ooreenstemmende ervarings van Christus.

Sy vertel die verhale van vroue wat verneder word en seergemaak word deur die woorde, houdings en aksies van ander. Sy vertel hoe woorde gebruik word om sommige mense te verhef en om ander te vernietig: om hulle aan hulself te laat twyfel of selfs om hulleself te verag. Die boek fokus dan op woorde wat heel maak - die genesingsproses.

Maar hier is geen preke in nie, geen teregwysings of moraliserende skrywery nie. Landman se skryfstyl is gemaklik en gestroop van deftighede of akademiese verwikkeldhede. Wanneer sy oor Jesus skryf, verdwyn alle vervreemdingselemente. Sy wêreld en die mense om Hom voel bekend aan die leser. Sy skryf met groot respek en deernis oor Christus, maar ook soos iemand wat na aan Hom voel. Iemand wat ´n persoonlike verhouding het met Hom. Die vorm wat sy gebruik herinner aan twee instrumente wat kontrapunktaal saamwerk aan dieselfde tema. Die pyn en ervaringe van die mense in haar gevallestudies word filmies ingeredigeer in die ervaringe en behoeftes wat Jesus ervaar het waarvan Johannes in sy Evangelie vertel.

Met die 40 essays in Woorde wat heel maak steek Landman ´n belangrike grens oor, want hierdie boek sal die sekulêre leser ewe veel vreugde gee as die leser van geestelike boeke.

Skakel Margot Luyt by Lux Verbi-BM met navrae: 0860 231 231.
Sien ook Christina Landman Onderhoud
Koop Woorde wat heel maak...


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W