Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

40 is g´n vloekwoord

Dit gaan jou f nog tref, f jy is reeds daar - as jy gelukkig is. Jou veertigste verjaardag is vir meeste mense ´n mylpaal en daarom is ´n boek waarin almal iets sal vind en nuwe perspektief sal kry.

Hettie Scholtz, oud-baas van Queillerie-uitgewers en tans Insig se boekeredakteur, het ´n veertigtal volbloed, uiteenlopende Suid-Afrikaners gevra om hulle belewenis van hulle sogenaamde oorgang na die middeljare met lesers te deel. Die resultaat is ´n boek wat jou laat lag, hartseer word, deernis hê met die mens en wat jou boweal bewus maak van die kosbaarheid van die lewe.

Sangers en skrywers, besturende direkteure en landelike here, politici en professore, aktrises en joernaliste - van Joan Hambidge tot Tony Leon en van Ruda Landman tot Achmat Dangor - sorg vir prikkelende leesstof soos Die walvis raak gewoond daaraan, 'n Royal fokop en Sex after 40, om net ´n paar te noem.

Hettie Scholtz is ´n mens-mens. Sy het deernis en respek en vreugde en daarom was die uitgewer so reg om haar te vra om die reuse taak aan te pak.

Wie sal nou nie dadelik di boek in die hande wil kry en vir meer as een vriend gee en wr en wr wil lees nie?

40 is g´n vloekwoord word uitgegee deur Queillerie en kos R59,95.

Skakel vir Riana Barnard by (021) 424-1320 as dit nie in jou naaste boekwinkel beskikbaar is nie.


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W