Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Koop/Buy Op soek na God...

Op soek na God... buite die kerk

Op soek na God... buite die kerk

Kerkverlating word 'n al groter probleem. Een van die vernaamste oorsake hiervoor is 'n toenemende ontevredenheid met die kerk wat nie meer aan baie van hulle lidmate se veranderende behoeftes voldoen nie. Baie voel dat dit nie meer die moeite werd is om kerk toe te gaan nie en dat die kerk nie tred gehou het met die tyd waarin ons lewe nie en ook nie met die realiteit van hul daaglikse bestaan in die wÍreld daar buite nie. Dis al asof hulle wil sÍ: Ons is lief vir God, maar ons voel vere vir die kerk. Wat seker is, is dat die kerk terminaal siek is, en dat drastiese stappe geneem sal moet word om te herstel.

Volgens vele gelowiges moet kerkleiers die verantwoordelikheid dra vir mense wat die kerk verlaat, want in plaas van 'n liefdevolle, vergewensgesinde en verdraagsame gemeenskap waar hulle geborge en tuis kan voel, het dit in baie gevalle 'n kliekerige, veroordelende, eiegeregtige en onverdraagsame gemeenskap geword wat mense verdryf. Terselfdertyd kan die kerk sekerlik nie al die blaam dra nie.

Die skrywer het deur middel van 'n vraelys navorsing gedoen onder lidmate wat besware teen die kerk het. In Op soek na God . . . buite die kerk, bespreek Nel hierdie besware en probleme eerlik in 'n poging om mense te inspireer om nuut te dink oor die kerk en om die kanker wat die kerk vernietig, so te help genees.

In Op soek na God . . . buite die kerk word mense wat krities staan teenoor die kerk, nie stilgemaak nie, maar aangemoedig om hul besware op die agenda te plaas.

Annes Nel is verbonde aan die Dept. Godsdiens en Teologie by die Universiteit van NamibiŽ en het reeds vele boeke gepubliseer waaronder die blitsverkopers Hanteer depressie 1 en 2.
Koop/Buy Op soek na God...


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W