Stuur jou resensie vir ons by
Tydens die Nasionale Party se bewind het die sekuriteitsmagte die regering deur direkte betrokkenheid ondersteun.
Die gewone man op die straat was onbewus daarvan dat sy belastinggeld gebruik is om te betaal vir onortodokse en selfs onwettige operasies, van internasionale propaganda veldtogte tot plaaslike sluipmoordmagte. Dit was die regering se Totale Strategie teen die vyand se Totale Aanslag.
Ten spyte van 'n paar joernaliste se pogings om die waarheid van apartheid te ontbloot, bly Suid-Afrika se onlangse geskiedenis belaai met geheime.
Nou, vir die eerste keer, stel ondersoekende joernalis De Wet Potgieter die waarheid agter sommige van die raaiselagtigste gebeure bloot.
Van wat gebeur het tydens PW
Botha se finale kabinetsvergadering tot die sluipmoord van Olaf Palme. Hierdie en baie
ander nuusstories van die tyd word aan die kaak gestel in hierdie fassinerende,
informatiewe boek.
Koop / Buy Totale Aanslag ...
Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!
Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.
© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.