Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Siegfried

Siegfried Landman is iets in die dertigs. Sy lewe lank het hy saam met sy pa op 'n afgeleŽ plaas iewers in die Karoo gewoon. Maar dan, op 'n dag, sterf sy pa, en moet Siegfried maak soos sy pa hom al die jare laat oefen het: gaan haal Wilhelm Smit (jare lank al 'n bywoner op hulle plaas) en gaan Kaap toe, na oom Bert Fischer, sy enigste oorlewende familielid naas sy ma, wat 'n meermin is in die see. Dit word 'n magiese reis, wat begin met 'n besoek aan 'n boeregesin op nog 'n afgeleŽ plaas in die Karoo en amper eindig by Georg Fafnir, sirkusbaas met 'n voorliefde vir die teatrale.

Dit is 'n verstommende, meesleurende roman - 'n verhaal wat voortsnel tot 'n onafwendbare einde. 'n Kosbare toevoeging tot die huidige Afrikaanse boekmilieu.

Willem Anker het al gewerk as kroegman, wewer, sekuriteitswag, en vir twee dae by 'n verhuisingsbesigheid. Tans doseer hy kreatiewe skryfkunde aan die universiteit van Stellenbosch.

SiegfriedHy is besig met 'n D.Litt in Afrikaanse letterkunde. In 2004 skryf hy die teks vir die ruimtelike teaterstuk Skroothonde wat by Aardklop die Aartvarkprys vir innoverende werk wen. In 2006 skryf hy saam met Tertius Kapp die teks vir Sielsiek, ook 'n ruimtelike teaterproduksie, wat by Aardklop opgevoer word. Sy dramateks Slaghuis wen in 2006 die Sanlamprys vir Afrikaanse teater. Hierdie teks word in 2007 gepubliseer. Siegfried, wat in 2007 by Kwela gepubliseer word, is sy eerste roman.
Koop / Buy Siegfried ...

Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W