Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Duiwelskloof

Duiwelskloof

Die verskyning van enige nuwe Andrť P. Brink-roman is altyd ´n gebeurtenis en Duiwelskloof word boonop beskryf as Brink se grootste roman tot op hede.

Dit vertel die verhaal van ´n verdwaalde groep Voortrekkers wat in die ontoeganklike Duiwelskloof hulle vestig onder leiding van die befoeterde patriarg, Lukas Lermiet, oftewel, die Siener. ´n Eeu en ´n half later bring ´n knellende droogte die skrikwekkende gevolge van diť oer-Afrikaanse gemeenskappie se isolasie en inteelt tot uitbarsting.

Die uitgewer sê in sy publisiteitsmateriaal dat Duiwelskloof onbeteulde humor, ´n onheispellende opbou van bose magte, ´n wemeling van stories, ´n allegorie oor die ontstaan van geskiedenis, ´n hellevaart, ´n besinning oor die Suid-Afrika van gister en vandag, ´n beurtelings makabere en uitbundige spel van die verbeelding bevat.

Twaalf van Brink se romans is in Engels en in baie ander tale beskikbaar, maar Duiwelskloof is die eerste een wat tegelykertyd in Afrikaans en Engels (as Devil's Valley by Random House Suid-Afrika) verskyn.

Duiwelskloof word deur Human & Rousseau uitgegee en dit kos R79-95. Dit is by boekhandelaars of direk by die uitgewer beskikbaar. Skakel (021) 425-1200.
Koop Duiwelskloof...


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W