Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Die Vlug van Gods verbeelding

Die God van die Bybel is die God wat die miskendes en ontneemdes, die randfigure wat deur ander geÔgnoreer word, raaksien en liefhet.

Dit is diť oortuiging wat die fondament en vesel van Die vlug van Gods verbeelding vorm. Hierdie waarheid word op boeiende wyse geÔllustreer aan die hand van bekende en half vergete Bybelverhale oor mense, meestal vroue, wat aan die voetekant van die geskiedenis lewe in die skadu van maghebbers. Aan die beurt kom Hagar en Ismael, Tamar, dogter van Dawid, en Rispa, die vrou van Saul. Uit die Nuwe Testament ontmoet ons die Kananese vrou, die Samaritaanse vrou en Lasarus, Maria en Martha.

Die vlug van Gods verbeelding is 'n boek wat prikkel, telkens nuwe perspektiewe belig, tot nadenke stem en die leser uitnooi om opnuut die verrassende aspekte van die Bybel te ontdek en oor die plek en rol van vroue te besin.

Dr. Allan Boesak, voormalige president van die World Alliance of Reformed Churches, stigter van die United Democratic Front, eerste leier van die ANC in die Wes-Kaap en leier van verskeie anti-apartheidsbewegings tydens die tagtigerjare is reeds met verskeie internasionale toekennings, waaronder die Robert Kennedy Human Rights Award en die International Black Image Award, asook twaalf eredoktorsgrade, vereer en dien tans as 'n konsultant vir die Institute for Theology and Public Life in Kaapstad en leraar by VGK Piketberg.

Die boek kan by African Sun Media aangeskaf word:
Grondvloer Admin A
Universiteit Stellenbosch Kampus
Stellenbosch
Tel: 021 8082401
Faks: 021 8082626
E-pos: africansunmedia@sun.ac.za
Webblad: http://www.africansunmedia.co.za
Webwinkel: http://www.sun-e-shop.co.za


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W