Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Op Pad in Suid-Afrika: 'n Streek-Vir-Streek Gids

Hierdie boek, Op pad in Suid-Afrika, kyk na die magdom gehuggies, dorpe en stede wat Suid-Afrika so 'n fassinerende plek maak om te verken.

Die klem val op die interessante en informatiewe verhale wat in hierdie plekke opgesluit lÍ. Die oorsprong van plekname word in besonderhede beskryf en die karakter en aantreklikhede van plekke vandag word geskets.

Ingesluit in elke hoofstuk is gedetailleerde streekkaarte, wat aangevul word met roete aanwysings in die teks. Die 37 hoofstukke is in logiese volgorde gerangskik - die reis begin by Kaapstad en kring dan verder noordwaarts uit.

Sodoende word 'n land van geweldige diversiteit uitgebeeld - een wat wissel van die groen en rustige valleie van die Kaapse hinterland tot die windverwaaide sandveld in die weste tot die subtropiese geilheid van die ooste, van die uitgestrekte bosveldvlaktes van die noordooste tot die droe wildernesse van die noordweste, van bedrywige metropole tot klein gehuggies wat altyd sluimer.

Op pad in Suid-AfrikaDie grootsheid van die land word op boeiende wyse beskryf.
Koop / Buy Op Pad in Suid-Afrika: 'n Streek-Vir-Streek Gids ...

Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W