Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Roekelose Woordeboek

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Weg met woede

Die subtitel van di werk is Sewe maniere om woede te ontlont, en die duidelike boodskap is dat ons die woede in ons samelewing mt verminder.

In Weg met Woede sê die skrywer dat woede besig is om gevaarlik toe te neem. Kinders steek mekaar met messe, mans slaan mekaar dood met hokkiestokke. Padwoede, kantoorwoede, gesinswoede, lugwoede, raak ontstellend alledaags.

Mense se stresvlakke is wêreldwyd gevaarlik hoog en die vaardighede om dit suksesvol te bestuur is gebrekkig.

Dr Michael Obsatz, PhD, is ´n gesinsberader en doseer by Macalester-Kollege in St Paul, Minnesota. Hy sê die huidige samelewing is meer aggressief as ooit tevore en alle vorms van geweld kom onder alle rasse, ouderdomme en klasse voor.

Howe beveel gereeld aan dat mense kursusse in woedebestuur moet volg. Ons het egter self ook ´n verantwoordelikheid teenoor ons medemens om te werk aan ons eie vaardigheid om woede te hanteer en te verwerk.

Obsatz se jongste boek Weg met Woede is vir die leser ´n uitstekende hulpmiddel om woede te verstaan en te leer hoe om dit sinvol te kanaliseer, ontlont of s te bestuur dat dit positiewe resultate tot gevolg het.

Die verband tussen woede en depressie, ´n gebrek aan vertroue in gesagsfigure, die eise wat aan enkelouergesinne gestel word, ensovoorts word indringend bespreek en woede word vanuit ´n fisieke, emosionele, maatskaplike en geestelike perspektief bekyk. Dit word aan die hand van gevallestudies, ´n vraelys, tegnieke, voorstelle en oefeninge gedoen.

Korttermyn- en langtermynmetodes vir die hantering daarvan word gegee, terwyl strategieë daargestel word om die woede van ander mense te hanteer.

Obsatz is ook die skrywer van die baie gewilde boek Nie-gewelddadige kinders in ´n gewelddadige wêreld.

Weg met woede word deur Lux Verbi-BM uitgegee.

Koop/Buy Weg met woede...


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, lewer jou kommentaar / bydrae hier of faks dit na 0866668575.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W