Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Roekelose Woordeboek

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Christoffel Coetzee

Die bekroonde skrywer Christoffel Coetzee is die naweek van die 19de Julie 1999 skielik in Windhoek oorlede. Hy was 56 jaar oud. Sy debuutroman, Op soek na generaal Mannetjies Mentz, is bekroon met die M-Net Boekprys en die Eugene Marais Prys en as algehele wenner in De Kat en Sanlam se Grootroman wedstryd aangewys. Op soek na generaal Mannetjies Mentz is ´n vertelling oor ´n wraakkommando wat in die Anglo-BoereOorlog bedrywig was. Dit debuteer einde September as toneelstuk op die Aardklop Kunstefees op Potchefstroom.

Coetzee was ´n joernalis en dosent in politieke wetenskap aan die Universiteit van die Noorde. Hy was ´n moeilike mens en tot aan die einde dwarstrekkerig, eienskappe wat aan hom in die jare sestig die bynaam Chris Kommunis besorg het toe hy ´n student aan die Universiteit van Stellenbosch was. Hy het wel gemeng met die liberale studente op kampus, maar hy het hom nie polities by die kommuniste geskaar nie. Hy het dit bloot geniet om stroomop te wees.

Coetzee het in die jare sestig sy meestersgraad in filosofie cum laude verwerf, was ´n Rhodes beurswenner, het aan die Universiteit van Oxford gestudeer, het in die sewentigerjare die Oxford Poetry Prize gewen, was ´n tyd lank navorsingsassistent aan die London School of Economics en het hom as skrywer van verskeie akademiese werke onderskei. Sy navorsingstuk Mathematical logic, a concise introduction to modern logic and its techniques, is onder meer jare lank deur die Universtieit van Durban Westville en Wits gebruik en sy boek oor die Nguni, The Cape Nguni peasantry 1850 1890: towards the reconstruction of the self-image of an age, word as ´n gesaghebbende werk oor die volk beskou. Christoffel was ook ´n kenner van meubels wat met sy dood besig was met ´n werk oor die meubels van Transvaal.

Saam met sy vrou Claire (34) en sy tweeling, Jacobus en Tharina (15) betreur ons die heengaan van die roekelose siel.
foto: Roekeloos (1998)


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W