Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Verlore onskuld: Suid-Afrikaanse kinders wat moor en roof

Diť nuwe boek in Chris Karsten se boeiende WARE MISDAAD-reeks volg kort op die hakke van Opspraak deur moord en Riller in die raaisel en verskyn gelyktydig met Dodelike vroue - wanneer passie in bloed eindig.

Tien verhale oor Suid-Afrikaners op die drempel van hul lewe, wat hulle skuldig maak aan ernstige misdaad en moord.

Dis stories van onverklaarbare geweld en ontsporing: van jongmense wat roof om die guns van ander te wen, van leerders uit vooraanstaande gesinne wat 'n hawelose man wreed om die lewe bring, van sestienjariges wat hul eie ouers en gesinslede koelbloedig vermoor. Daar word ook vertel van heldemoed en hoop . . . klein Angeline Taljaard sing dapper in 'n musiekblyspel nadat haar gesin die vorige aand deur twee seuns, jonger as syself, vermoor en vermink is. Polities opgesweepte jeugdiges vermoor die Amerikaner Amy Biehl en baie Suid-Afrikaners en ook Amerikaners trek steeds voordeel uit haar nalatenskap.

Chris Karsten volg die kronkels en kinkels agter die handelinge en skep so stygende intrige. Opnuut word die leser bewus van die menslike tragedie agter die gebeure. Met foto's.

Verlore onskuld: Suid-Afrikaanse kinders wat moor en roofChris Karsten, ervare koerantman, en skrywer van twee kinderboeke (Floris sapiens en Die jokkie wat met perde kon praat) se eerste roman, Frats, het in September 2007 by Human & Rousseau verskyn. Hy is tans Burohoof van Rapport op George.

As koerantman by Beeld, Volksblad en Rapport, was hy in verskillende joernalistieke hoedanighede gemoeid by baie van die stories wat in sy WARE MISDAAD-reeks opgeneem is. Die eerste twee boeke in die reeks, Riller in die raaisel en Opspraak deur moord het in Junie 2007 verskyn.
Koop / Buy Verlore onskuld: Suid-Afrikaanse kinders wat moor en roof ...

Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W