Stuur jou resensie vir ons by
'n Versameling meestal liegstories - sommige in die tradisie van die beroemde spekskieter Baron von Münchhausen, sommige op die voetspore van die vermaarde, maar helaas vergete, Afrikaanse Renier de Winnaar en Kaspaas. Ander is gewoon guitige vertellings. Enkeles speel in onlangse tye af, maar die meeste kom behoorlik uit (die) bloujare.
"In Bloujare se stories word daar doelbewus nie enige poging aangewend om 'n 'literêre' werk te produseer nie," sê Elias P. Nel, bekende woordkunstenaar en storieverteller. "Dit gaan hier om kontreikuns in sy suiwerste vorm waar die storie sentraal staan."
Hier is George Weideman die meesterverteller aan die woord en word die leser op 'n reis deur die stories van Namakwa- en Boesmanland geneem.
Koop / Buy Bloujare se stories ...
Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!
Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.
© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.