Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Infanta - Deon Meyer

Infanta

"My naam is Bennie Griessel en ek is 'n alkoholis." "Hallo, Bennie," sÍ die twee en dertig stemme in 'n blymoedige koor.

"Ek het gisteraand 'n bottel Jack Daniels uitgesuip en my vrou geslaan. Sy het my vanoggend uit die huis uit gesit. Ek is nou een dag sonder drank. Ek is hier omdat ek nie my drinkery kan beheer nie. Ek is hier omdat ek my vrou en my kinders en my lewe wil terughÍ." Terwyl hy die desperate vasberadenheid in sy eie stem hoor, begin iemand hande klap en dan dawer dit in die afgeleefde kerksaaltjie.

Maar om sy lewe terug te kry, moet speurder-inspekteur Griessel van die Ernstige en Geweldsmisdaadeenheid eers vir Artemis keer: die vigilante wat die doodstraf teruggebring het, wat besig is om misdaad teen kinders met 'n lang lem en 'n skrikwekkende meedoŽnloosheid te wreek.

En met die media wat skree, die politici wat druk toepas, 'n span onbeholpe jong speurders en verskeie kollegas wat hom in die rug steek, stel Bennie Griessel 'n lokval. Maar hy het nie rekening gehou met die liefde van 'n sekswerker vir haar kind, die haat van die Sangrenegro-dwelmkartel en sy eie smagting na die helende kragte van die bottel nie.
Koop / Buy Infanta...


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W

Great South Africans
Great South Africans