Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

BreinBliksem

BreinBliksem

'n Nuwe jeugverhaal, BreinBliksem, het boekwinkels se rakke getref. Met BreinBliksem het die skrywer, Fanie Viljoen, 'n goue prys ingepalm in die Sanlam-prys vir Jeuglektuur 2005. Die ander goue prys is toegeken aan Francois Bloemhof se boek Nie vir kinders nie. Die boeke is onlangs by die Zula Bar in Langstraat, Kaapstad, deur Fokofpolisiekar bekend gestel.

Viljoen se jeugverhaaldebuut, BreinBliksem, speel af in Bloemfontein, waar hy woon. Die skrikwekkende storie word vertel soos gesien deur die benewelde brein van die hoofkarakter, Chris Burns.

"Ek maak vir jou die hel oop" lees die SMS wat Chris Burns aan sy pÍl, Kerbs een reŽnerige aand in Bloemfontein stuur. En al is dit net 'n tikfout, voorspel hierdie SMS dat die volgende paar dae hel gaan wees.

Burns help vir Kerbs om by sy ma se motor in te breek. Die goed wat hulle steel gaan verkwansel Kerbs by 'n pandjieswinkel. Hulle beplan om die geld te gebruik vir hulle trip na die BreinBliksem rockfees wat by Allemanskraaldam gehou gaan word.

'n Paar dae voor die konsert kry Sky Eyes, hulle ander pÍl, 'n epileptiese aanval in die Mystic Boer, 'n uithangplek vir jongmense. Maar Burns weet dit was mťťr as net 'n aanval. Hy ken vir Sky. Hy kan dit in sy bang oŽ sien. En dit is ook so - Sky vertel later vir Burns dat hy 'n visioen gehad het van bloed en dat hulle moet wegbly van BreinBliksem af.

Maar ten spyte van Sky se waarskuwing vat die drie ouens tog die N1 Noord na BreinBliksem. Langs die pad tel hulle vir Partygirl, wat ook op pad is na die rockfees, op. Partygirl met die swart T-hemp, cherry rooi lippe, blou-blou oŽ en 'n vel soos vanilla yogurt.

Daar is dadelik 'n konneksie tussen Burns en Partygirl. En later die aand, alleen in hulle tent, stroop hulle mekaar se klere af terwyl die rock musiek nog van die stage se kant af weerklink en vasslaan in die vertes.

Maar dan gebeur daar iets wat Burns se vertroue in sy pÍlle onomkeerbaar skaad. Burns se hele wÍreld word by BreinBliksem op sy kop gekeer. Een van hulle kom daardie aand uit die tent met bloed aan sy hande. En niks is ooit weer dieselfde nie.

BreinBliksem maak reeds opslae. Insig noem beskryf dit as "Trainspotting in Bloemfontein". Keurders het na die boek verwys as 'n kragtoer. As daar een boek is wat tieners en jong volwassenes hierdie jaar moet lees, is dit BreinBliksem. Maar wees gewaarsku: BreinBliksem word nie aanbeveel vir sensitiewe lesers nie. Hierdie is 'n boek wat jou brein gaan bliksem!
Koop / Buy BreinBliksem....


"Bevange...
Breinbliksem is een van daai stunning boeke wat jou in die gesig slaan, so hard dat jy na jou asem snuk! Dis amazing hoe Viljoen my die boek laat verslint met my oŽ.
Dis anders en tog behoort dit in elkeen se boekversameling.
Kry dit jou en Bliksem JOU brein!"
- Keith Mienies


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W