Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Troos in die tyd van vertwyfeling

"Ek glo, maar soms is daar by my tye van vertwyfeling, voel ek alleen en uitgelewer aan 'n onvriendelike wÍreld. En wonder ek of alles nie maar tevergeefs is nie." Dit is 'n uitspraak waarmee talle Christene vandag hulleself kan identifiseer. Daarom is hierdie boek bedoel vir mense wat vrees dat hulle aan vertwyfeling ten gronde sal gaan.

Vreemde vertroosting handel oor die vreemde, verrassende maniere waarop die Heilige Gees ons vertroos in vertwyfeling (twyfel, wanhoop, krisisse); Hy sug saam met ons; Hy maak alles nuut. Die boek herinner ons ook aan die vreemde verrassende manier waarop God in Christus - van wie die Gees uitgaan - met mense handel: Hy kies juis die onwaardiges, die onverdienstelikes; Hy gee ons sy Ja-Woord, Hy bied ons blywende hoop wanneer alles tevergeefs voel. Elke onderwerp in diť vertroostende poŽtiese boek word afgesluit met 'n treffende gebed.

Die boek is verdeel in sewe oordenkings rondom die wonderbare werk van die Heilige Gees.

Formaat: Sagteband
ISBN: 0 7963 0440 8
Bladsye: 94
Prys: R59.95
Bestellings: 0860 231 231
Navrae: Annelise Kemp annelise@luxverbi-bm.co.za


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W