Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Roekelose Woordeboek

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Boetman en die swanesang van die verligtes

Die uitgewer Human & Rousseau sê daar was lank laas s ´n hoendergekekkel en hondegeblaf op die Afrikaanse werf as toe die joernalis Chris Louw in antwoord op Willem de Klerk se boek Afrikaners: Kroes, kras, kordaat ´n ope brief tot di gesiene akademikus en verligte gerig het.

Boetman was die bliksem in, en het nie geskroom om dit in reguit taal te sê nie. De Klerk se geslag, wat self nooit in enige oorlog betrokke was nie (was Boetman se betoog), het ´n hele geslag Afrikanermans wat nou so tussen 30 en 50 is, grens toe gestuur om te gaan sterf om ´n misdadige bestel in stand te hou. En dit terwyl die Ooms reeds in die geheim met die vyand gekonkel het om di bestel tot ´n einde te bring.

Boonop moet dieselfde geslag nou in die werkplek weer die spit afbyt omdat hulle as deel van regstellende aksie deur die voormalige vyand opsy geskuif word. Boetman is steeds die bliksem in, en in di boek maak hy dit meer as duidelik waarom. Verskeie skreiende ware vertellings en die skrywer se eie lewensverhaal maak dit grafies duidelik hoe die Boetman-geslag gemanipuleer en geknak is, en die tweede deel van die boek is ´n ontleding van die proses wat tot die grondwetonderhandelings en die huidige bestel gelei het.

Klappe word links en regs uitgedeel - nie uit die duim gesuig nie, maar deeglik met aanhalings gestaaf. Die publieke reaksie op Louw se ope brief toon duidelik dat hy ´n teer snaar aangeraak het. In hierdie boek voer hy die debat veel verder, en seil hy nogmaals kaalvuis onder die Ooms in - nie om blindelings terug te kap nie, maar om ´n katarsis en uiteindelik ´n genesing te probeer bewerkstellig.

Boetman en die swanesang van die verligtes behoort op die rak van elke Afrikaner te staan. " .´n merkwaardige en belangrike stuk werk ." noem Van Zyl Slabbert dit.

Chris Louw is nou 27 jaar lank in die joernalistiek. Sy loopbaan het in 1973 by die destydse Oggendblad in Pretoria begin. Na ´n draai by Die Republikein in Namibië, was hy onder meer nuusredakteur van Die Vaderland en Londense verteenwoordiger van Perskor (1983-1986). In 1986 het hy om politieke redes by Perskor bedank, ´n tyd lank vryskutwerk gedoen, en hom daarna by die linkserige meningsblad Die Suid-Afrikaan aangesluit waarvan hy mettertyd redakteur geword het.

Na ´n paar ander draaie het Chris in Desember 1995 as uitvoerende regisseur van Monitor en Spektrum, die aktualiteitsprogramme van Radiosondergrense, geword. Hy woon op ´n kleinhoewe by die Hartbeespoortdam waar hy inheemse bome kweek en kortsnoetvarke aanhou. Hy is getroud met Johanita, en het twee volwasse kinders, Eugene en Yolande.

Boetman en die swanesang van die verligtes kan bestel word op Human & Rousseau se webblad of stuur navrae aan Hilton Ruthford.


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W