Stuur jou resensie vir ons by
Koop/Buy Begin jou eie besigheid...

Begin jou eie besigheid is die Afrikaanse vertaling van die topverkoper Create your own business, tans in sy vierde druk met meer as 10 000 uitgawes verkoop in Suid-Afrika. Hierdie uitgawe is vol inligting oor:
Begin jou eie besigheid bevat ook ´n omvattende hoofstuk oor die internet en dié se gebruik in klein ondernemings. Die boek gee ´n oorsig van die internet in Suid-Afrika asook ´n lys van internet diensverskaffers om te help met die skep van ´n eie webwerf.
Begin jou eie besigheid bied ´n vars benadering tot kleinsakeondernemings. Die sentrale tema is: as daar ´n behoefte bestaan, is dit moontlik.
Arthur G. Clarke is opgelei aan die universiteite van Kaapstad, Rhodes en Manchester. Hy is streeksvoorsitter van die S.A. Bemarkingsvereniging en beskik oor ´n aantal sakediplomas waaronder een van die S.A. Instituut vir Finansiële Bestuur. Tans is hy die webtuiste-redakteur in Ou Mutual se e-handel-afdeling. Arthur G. Clarke is die outeur van die gewilde Create Your Own Business en Damage Control Your Retirement Income.
Begin jou eie besigheid is ´n praktiese gids geskryf vir die plaaslike mark. Dit is propvol nuttige besigheidsinligting.
Koop/Buy Begin jou eie besigheid...
Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!
Maak jou stem dik op ons Forum, lewer jou kommentaar / bydrae hier of faks dit na 0866668575.