Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.zaDie laagste vlugtariewe

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Roekelose Woordeboek

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Die ultimatum

Die ultimatum

Die keuse van die pragstad Sydney om die Olimpiese Spele in die jaar 2000 aan te bied, was uiteindelik die regte een. Dog, sonder probleme sou dit nie. Uiteraard weet min mense van die booshede waarmee die Australiese veiligheidsowerhede agter die skerms moes swoeg en sweet.

In Die ultimatum spoel die misdadige neigings van ´n regse groepering in verre Suid-Afrika oor na hierdie prestigeryke sportgebeurtenis. Gaan die Olympic Investigation Strike Force daarin slaag om hierdie felle aanslag af te weer?

´n Meesleurende verhaal van ´n wedloop teen tyd, met naelbyt-spanning en -aksie tot op die laaste bladsy.

Frederik H. Steyn was tydens ´n lang loopbaan in diens van Naspers onder meer joernalis by Die Burger, uitgewer van die destydse Oos-Kaapse koerant Die Oosterlig, besturende direkteur van die Sondagkoerant City Press en streekhoofbestuurder van die Pers se suidelike koerante, waaronder ook Die Burger. Een van die talle hoogtepunte in sy persloopbaan was die toekenning aan hom in 1995 van die Hubert Coetzee-medalje vir voortreflike bestuursvaardighede.

Frederik H. Steyn wou altyd skryf, maar kry eers kans na sy uittrede aan die einde van 1999. Hy en sy vrou, Carina, woon op die Suid-Kaapse dorp Stilbaai. Hulle het twee kinders.

Die ultimatum word uitgegee deur Human & Rousseau.
Koop/Buy Die Ultimatum...


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, lewer jou kommentaar / bydrae hier of faks dit na 0866668575.


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, lewer jou kommentaar / bydrae hier of faks dit na 0866668575.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W