Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Dit was oorlog

Dit was oorlogIn die 1970's, 1980's en vroeë 1990's is duisende jong mans opgeroep vir militêre diensplig. Meeste van hulle het intense fisieke opleiding ondergaan, en vele is gestuur om die oorlog te veg wat in noordelike Namibië en Angola gewoed het. Hierdie titel is 'n versameling van nagedagtenisse en herinneringe van daardie tyd, saamgestel deur JH Thompson, wat onderhoude gevoer het met voormalige Nasionale Dienspligtiges.

Bydraers tot hierdie vertaalde weergawe van die blitsverkoper An Unpopular War sluit in gewone soldate en spesiale taakmag lede, kokke, medici en helikoptervlieëniers. Hulle werp 'n verskeidenheid van perspektiewe op inklaar, opleiding, inspeksie, gyppo, grenspatrollies, geheime operasies en veldslae, en hoe hulle weer moes aanpas by 'n lewe op civvie straat.

Dis 'n aangrypende titel wat die gees en atmosfeer, die daaglikse roetine, die verveeldheid, vrees, kamaraderie en ander intense ervarings van 'n SAWM soldaat vaslê. Vir elkeen wat militere diensplig moes doen, sowel as vir hulle familie en vriende, is hierdie boek noodsaaklike leesstof.
Koop / Buy Dit was oorlog ...


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W