Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Die historiese seŽls van Pietersburg

Die merkwaardige verhaal van die seŽls wat tydens die Anglo-Boereoorlog op Pietersburg gedruk is, word vir die eerste keer vertel in 'n boek wat binnekort deur die Filateliese Federasie uitgegee word.

Die seŽls is in opdrag van die Transvaalse republiek se 'regering-te-velde' gedruk in Pietersburg se koerantdrukkery.

Dit was in 1901, toe Noord-Transvaal en die grootste dele van Oos- en Wes-Transvaal nog onder die beheer van die Boere was.

In hierdie gebiede het die republiek se pos- en telegraafdiens voortgegaan - lank nadat die Britse oormag Pretoria in Junie 1900 ingeneem het - en die Boere het ook 'n treindiens tussen Pietersburg en Buyskop (by Warmbad) bedryf.

Die seŽls is nie 'ontwerp' nie maar deur die drukkery saamgestel uit letterwerk, syfertjies, ornamente en raampies. Elke waarde was op 'n ander kleur papier, byvoorbeeld die halfpennieseŽl was op groen papier en die eenpennie was rooi.

Omdat hierdie seŽls taamlik rudimentÍr was, het 'n beampte opdrag gekry om as kontrole elke seŽl met sy voorletters te waarmerk. Die kontroleur moes 54 000 seŽls so met die hand parafeer.

Hoe die amptenaar gesukkel het, word vertel in die boek. Eintlik was hy die aanklaer van die hof, en boonop moes hy die hele tyd talle ander take op die dorp verrig vir die oorlogtydse regering, wat in 'n tydelike laer in die berge naby Roossenekal gekamp het.

Daar was ses waardes van die seŽls, van 'n halfpennie tot een sjieling. Die setsel van die los simbooltjies en raampies moes elke keer losgemaak en verander word as 'n ander waarde gedruk word, en so het talle klein afwykings en foute ontstaan. Versamelaars het jare lank hieroor gewonder en bespiegel, maar nou ontvou die hele patroon vir die eerste keer.

Die skrywers, Carel Breedt en Joh Groenewald, het heel velle van al die waardes en drukke opgespoor in museums en versamelings in vier vastelande, en dit word alles in die boek geÔllustreer, ook hele proefvelle. "Dit is 15 jaar se studie van seŽls en argiefdokumente wat vir die eerste keer die volle verhaal aan die lig bring," sÍ Carel Breedt. "Die historiese perspektief maak die 110 bladsye veel meer as 'n seŽlboek."

Daar was nie veel geleentheid om die seŽls te gebruik nie, want binne 'n maand nadat die eerste seŽl verskyn het, is Pietersburg deur 'n Britse leŽrmag ingeneem (April 1901).

Posstempels op die seŽls is ook van klein plekkies wat nie meer bestaan nie, soos Lovedale Park (naby Elim-hospitaal), Modderspruit (naby Duiwelskloof) en Zandrivierspoort (naby Nylstroom). Dit word afgebeeld, en al die posstukke wat bekend is, word gelys.

Mense is genooi om tot einde September in te skryf as intekenare op die boek. Hul name word ook opgeneem in Die Pietersburg-seŽls van die Anglo-Boereoorlog, wat in Oktober gaan verskyn. Navrae kan gerig word aan die Filateliese Federasie by Posbus 12537, Queenswood 0121, of e-pos johgroen@mweb.co.za.

Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W