Stuur jou resensie vir ons by
Boekekraal I
Volksblad Kunstefees
Vanwaar Ingrid Jonker? was die titel van die eerste reeks kort gesprekke oor die besondere aandag wat Ingrid Jonker se werk en lewe tans in die uitvoerende kunste-omgewing geniet. In die Boekekraal van die Volksblad Kunstefees het uitgewer en skrywer Petrovna Metelerkamp en LM van der Merwe (sielkundige van Bloemfontein) die gesprek rondom Jonker voortgesit en het Metelerkamp vrae rondom die verskyning van die Jonker biografie en die uitreiking van 'n nuwe boek deur LM van der Merwe beantwoord.
"Omdat ek slegs samesteller en nie outeur was van die biografie oor Jonker
nie, was ek ook nie sensor nie", het Metelerkamp vervolg oor 'n vraag of
daar nuwe byvoegings (of weglatings) is in haar boek, wat nou sy vierde druk
beleef.
"Lesers het aan my inligting gestuur, soos die afgetrede dokter uit die Kaap
wat C. Louis Leipoldt se dagboek gelees het."
"Uit die dagboek blyk dit dat Jonker reeds op vyfjarige ouderdom
angsaanvalle gekry het."
"Sy het reeds van 'n vroeë ouderdom 'n intense lewe gehad. Rabie het gesê sy
sou nooit 'n verhouding kon voltooi nie, want daar was geen fondament met
die pa-figuur nie."
Metelerkamp het gesê dat Mike Cope vir Ingrid haat omdat sy (volgens hom) sy
lewe verwoes het.
Van der Merwe, wat sy doktersgraad oor Jonker in die laat sewentigerjare
voltooi het, het gesê 'n diagnose oor Jonker is nie belangrik nie. "Sy was
suiwer, en dit is belangrik."
In aansluiting hierby, het Metelerkamp gesê ons moet onsself afvra wat goed was in Jonker se lewe aangesien kinders gebore word met die geloof dat die lewe aan hulle kant is. Word hulle teleurgestel, verloor hulle hul geloof in hulle lot.
Petrovna reken die tragiese elemente van haar lewe is deel van haar aantrekkingskrag. "Sy het swaargekry omdat sy alles so intens ervaar het."
Tog jammer dat die plasing van die Boekeraal so naby die Spontaan verhoog was want terwyl gespreksgenote besin oor die lewe van die digter-kind, brul die blou bul in die agtergrond.
Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!
Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.
© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.