Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

R10 000 wag vir aspirantskrywers

Hier is 'n groot geleentheid vir almal wat hulleself as aspirantskrywers beskou. Of jy nou 'n volwassene is, of 'n hoŽrskoolleerder wat al lank daarna smag om iets van jouself in druk te sien, nie minder nie as R10 000 wag om in 'n landwye skryfwedstryd van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging gewen te word.

Deelnemers moet een of meer oorspronklike opstelle, vertellings, kortkortverhale, kortverhale of gedigte in Afrikaans oor voorgeskrewe, interessante onderwerpe voor Vrydag 2 Mei 2008 indien. Die struktuur van die wedstryd is anders as in die verlede en twee nuwe afdelings is in die wedstryd ingesluit.

Die wedstryd het drie afdelings: twee prosa-afdelings en een poŽsie-afdeling. Afdeling A behels prosa vir skrywers wat nog nie voorheen gepubliseer het nie en leerders (graad 8 tot 12) en volwassenes kan hier inskryf. Afdeling B is 'n ope afdeling vir skrywers wat wel al voorheen kortprosa teen vergoeding gepubliseer het. Afdeling C is 'n poŽsie-afdeling vir gepubliseerde en ongepubliseerde deelnemers. Leerders wat aan Afdeling A deelneem, moet kortprosa van hoogstens 1 000 woorde voorlÍ; volwassenes wat aan die wedstryd deelneem se kortprosa mag hoostens 2 500 woorde lank wees, en digters word beperk tot gedigte van hoogstens 40 versreŽls lank.

Daar is aantreklike geldpryse in elke afdeling, asook 'n aanmoedigingsprys (ook 'n geldprys) in Afdeling A vir 'n deelnemer wie se moedertaal nie Afrikaans is nie. Boonop kan wenners van alle pryse 'n slypskool vir ontluikende skrywers wat die Bloemfonteinse Skrywersvereniging in Augustus aanbied, gratis bywoon.

Vier wisseltrofeŽ kan deur deelnemers vir hul skole gewen word. Ook ontvang die skool wat die meeste inskrywings stuur, 'n hele R1 000.

Al die inskrywings wat bekroon word, sal voorts in Inkvars 2008, 'n huishoudelike publikasie van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging, gepubliseer word.

Die wedstryd word deur die Vrystaatse dagblad Volksblad geborg en met die steun van die Afrikaanse Letterkundige Museum in Bloemfontein geadministreer.

Hierdie wedstryd word reeds sedert 1989 landwyd aangebied en is die grootste in sy soort in die land.

Alle inskrywings moet van 'n voorgeskrewe inskrywingsvorm vergesel wees. Bel mej. Lalien Cilliers by (051) 436 2629 (na ure) of mev. Cecilia van der Linde by (051) 444 0115 (na ure) dadelik om die vorm, wedstrydreŽls en onderwerpe te bekom . Of kry dit by bloemsv@yahoo.com

Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W