Stuur jou resensie vir ons by
In die vyftigerjare, toe Groot Verseboek vir die eerste keer deur Tafelberg uitgegee is, en selfs nog in die vroeë tagtigerjare (toe die vorige uitgawe verskyn het), was die Afrikaanse digkuns veel kleiner as vandag. Daarom was dit nodig om, met die uitverkoop van die laaste druk vroeg vanjaar, die bloemlesing te hersien en aan te vul.
André P. Brink, wat met D.J. Opperman meegewerk het aan die laaste uitgawe, het hom as samesteller daarop ingestel om die tradisie van fyn en onbevange lees voort te sit. Saam met die nadruk op gehalte was daar ook 'n besef van stemme wat deur die jare uit die kanon uitgesluit was. In dié hersiening word gepoog om reg te laat geskied aan die ongelooflike verskeidenheid in die Afrikaanse poësie.
Groot Verseboek 2000 is nou geplaas binne die konteks van 'n nuwe tyd en 'n nuwe eeu. Self sê Brink: "Agter
alle redes en interpretasies, motiverings en verklarings, is daar uiteindelik net één dryfkrag agter hierdie hele
onderneming, en dit is dat die samestelling van hierdie bloemlesing vir my 'n liefdesverklaring aan die Afrikaanse
poësie is. En soos enige mens of voorwerp van mens se liefde, is hierdie poësie veelduidig vol eindelose
verskeidenheid: hetsy hartbeeshuis of woonstel, skakelhuis of herehuis, hierdie huis van ons poësie het vele
wonings."
Koop / Buy Groot Verseboek 2000...
Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!
Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.
© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.