Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Abjater wat so lag

Hierdie merkwaardige bekroonde roman het as verteller 'n eenkantvrou en oujongnooi wat (op 'n plattelandse dorp in die eerste deel van die twintigste eeu) terugkyk op haar lewe - as 'n versorgster in gegoede witmense se huise, eers as hulp met kinders en later vir oumense en sterwendes.

Sy vertel van die insig in die dood wat sy sů by die baie sterwendes gekry het. Dan raak sy ook uiteindelik sterwensbegeleidster vir Abjater, 'n man wie se goue lag sy in haar jongdae bewonder het, iemand wat vir haar soos 'n "uitverkorene" gelyk het.

So peins die verteller aan die einde van 'n lewe waarin sy, soos sy elders sÍ, "by die dood ingeboek" was: "Miskien het ek met die dood getrou, kom dit by my op ... maar nou raak ek sat vir hom. Hy bly my pal besoek. Hy bring net woeligheid."

Wilma StockenstrŲm is een van die belangrikste skrywers in Afrikaans. Sy het 5 romans, 7 digbundels en een drama die lig laat sien. Sy het die Hertzogprys in 1977 ontvang vir haar digbundel Van vergetelheid en van glans en weer in 1992 vir haar roman, Abjater wat so lag. Die kremetartekspedisie wat in 1981 verskyn het, is egter haar bekendste roman. Dis in Engels, Frans, Nederlands, Duits, Italiaans en Hebreeus vertaal. Die Engelse vertaling is deur J.M. Coetzee gedoen. En in 1988 is die Italiaanse vertaling met die Grinzane Cavour-prys in ItaliŽ bekroon. Sy het ook 'n suksesvolle loopbaan as aktrise op die verhoog en in films gehad. Sy woon sedert 1993 in Kaapstad.
Abjater wat so lagKoop / Buy Abjater wat so lag ...

Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W