Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Gaping vir ´n moordenaar

Rugbyboeke is nou aan die orde van die dag - en ook geen wonder nie. ´n Groot deel van die bevolking beleef elke insinking en triomf saam met die Springbokke.

Gaping vir ´n moordenaar gebruik drie temas wat na aan baie Suid-Afrikaners se harte lê as boustene: rugby, (natuurlik), misdaad (natuurlik) en ongelukkig ook die amper onmoontlike toestande waaronder polisielede die bevolking moet dien. S E Lessing weef dit alles saam in ´n speurverhaal wat beloof om die leser te laat naelskou.

Die uitgewer van die boek, Queillerie, gee die volgende inligting oor die verhaallyn:
Pas nadat die Springbok-oefengroep vir die Wêreldbeker bekend gemaak word, sterf die nuwe losskakel toe sy motor oor ´n krans by Houtbaai stort. Is dit ´n ongeluk of gemene spel? ´n Rukkie daarna kry sy plaasvervanger ´n epileptiese aanval. Ook hy beswyk. En dan begin ´n patroon vorm.

Kan ´n mens jou ´n reeksmoordenaar voorstel wie se teikens die room van die land se rugby-Bokke is? Is senior superintendent Mia Szabů, voorste forensiese sielkundige, en haar regterhand, kaptein Simon Sinden, pas aangestel by SAPDEG, in staat om die reeksmoordenaar te stuit voordat nog ´n gaping geslaan word?

Die speelveld in hierdie moderne speurverhaal wissel van Houtbaai en Kaapstad, na plekke soos Londen, GenŤve en Cardiff. Die spanninge waaronder polisiemanne en-vroue werk, hul persoonlike worsteling en frustrasies - dit word verweef met ´n intrige waarin die magspel van moord Suid-Afrikaners se grootste liefhebbery - rugby - tot in die hart oopruk.

Gaping vir ´n moordenaar word uitgegee deur Queillerie. Skakel Riana Barnard by (021) 424-1320 vir meer inligting.


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W