Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Afdraai

Afdraai

As jy nog nie met die merkwaardige styl van dié besondere skrywer uit Mafikeng, wat op 72-jarige leeftyd vir die eerste keer gepubliseer het, kennis gemaak het deur sy debuutroman, Vatmaar, of sy vertellings, Langsaan die Vuur nie, moet jy die Afdraai-ervaring nie misloop nie.

Die uitgewer, Kwela, sê tereg dat A.H.M. Scholtz met Vatmaar die leeswêreld stormenderhand verorwer het. Dit het die M-Net Boekprys, die S A Akademie se Eugéne Maraisprys en die CNA-debuutprys gewen. Dit is in Nederlands vertaal, Duitse en Engelse vertalings sal binnekort op die rakke verskyn en ´n televisiereeks word daarvan gemaak.

Geen wonder dus dat sy vele bewonderaars so uitgesien het na Afdraai nie. Dit gebeur nie dikwels dat mens die wêreld en die geskiedenis kan bekyk saam met ´n wyse man wat in standerd vyf uit die skool is nie en wat met sy soms ouderwetse, maar altyd opregte, skryfstyl uit ´n ander hoek kyk as wat in die geskiedenisklas in ons kele afgedruk is.

Afdraai laat mens op opverwagse paadjies afdraai deur die geskiedenis van Suid-Afrika, van die Anglo-Boereoorlog af tot in die 1980's, deur die lotgevalle van ´n uitlopende groep mense - van die Boerevroue en -kinders in die konsentrasiekampe tot die wanhoop van swart gevangenes wat uit die kampe vrygelaat is, deur die Eerste en Tweede Wêreldoorloë tot by ´n vrou se pyn nadat haar huwelik ontwettig verklaar is deur die instelling van die apartheidwette.

En deur al die verhale van pyn en krag loop die tema van die interafhanklikheid en verweefdheid van al die mense van Suid-Afrika en die dwingende noodsaaklikheid van versoening - hoe moeilik dit ookal mag wees.

Soos A.H.M. Scholtz hartstogtelik in die voorwoord in sy eie handskrif by sy medeburgers pleit: "Laat vergeefnis die oorhand kry en saam met erbarming die paadjie loop, want wonde kan genees word en tyd kan vergewe. Slaan toe die ope deur na die verlede, stap weg en kyk nie om nie."

Dié "kroniek van seermaak en seerkry, van vrede en verandering" is ´n besondere leeservaring wat jou sal oorrompel en bybly.
Koop Afdraai...


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.


0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W