Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Roekelose Woordeboek

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Jacoba Afrikaner - Maretha Maartens

Jacoba Afrikaner

Jacoba Afrikaner is die verhaal van ´n vrou van Afrika, een van die komplekse verhale van ´n swyende kontinent. Die roman was een van die finaliste in Sanlam/Insig/Kwêla se Groot Romanwedstryd.

"Wat praat jy so met daardie Herero-seun saam?'' het Jacoba Afrikaner se ma gevra. ''En wat se gevleggery is dit van jou hare? Die baardmannetjie kuier nie saam met die hoep-hoep nie, Jacoba. Jy moenie moeilikheid soek, noudat jy grootgeword het nie.'' Jacoba het geweet: Ek haal asem soos die veld, soos die springbokke, soos die werfhoenders. Maar ek is anders as hulle. Ek is uit my kleintyd uit. NŠ elke tyd kom ´n ander tyd.

Eťn helder seisoen het Jacoba Afrikaner en Tuvahi Kapuuo saam gereis - na die waarheid wat onder die sand toegewaai was, na verskrikking, na ´n plek waar hulle kon liefhê, en na bevrydende selfkennis. HiernŠ reis Jacoba, die Nama-meisie, alleen na die Groot Ashoop, waar Gladys, Koopman, die sorters en Ari, die Angolese bandesmous, haar in die gemeenskap - en in die apokalips - van Kupferberg opneem.

Aan die beter kant van Kupferberg dink Bas Pretorius: Die eenvoudige eenbladsy-verhaal van ons lewe is nou in twee gevou. Om die geskrif van ons lewe te kan lees, moet ons die materiaal bly manipuleer - links van die fout, regs van die fout. Vir Roekoe Uys, die jong weduwee wat sy gees in beroering bring, sou hy aangaande sy huweliks- en gesinslewe wou sê: Dit gaan nie goed met ons nie, Roekoe. Rupert sit met wat ek nie vir hom gegee het nie; Hennie sit met ´n oorlog wat hom deurweek; Rika sit met ´n Koevoet; Sasja sit met my, die sukkelende kwasi-joernalis met voete van klei. En ek sit met niks, maar ook met al hierdie dinge.

Die uitgewer Tafelberg sê Jacoba Afrikaner is die verhaal van twee liefdes, of dalk van drie. Dit is werklikheidsfiksie waarin duiselingwekkende geheime aan die lig kom. Maar dit is ook die storie van ´n groepie mense in wie se lewens waarheid en ontnugtering, adel en boosheid, krag en berou eindelik hul beslag kry.

Maretha Maartens verkies rubbersteweldanse bo krieket; Midde-Oosterste argeologie bo enige soort vergadering; eet bo dieet; stap en swem bo draf of sink; snorkel bo 109 ander aktiwiteite; orde bo wanorde, lig leef bo opgaar, ´n half-leë klerekas bo ´n driekwart-vol klerekas; die huwelik bo ´n rustige lewe, dorslandreën bo natlandreën; haar rekenaar bo ´n sonbed; straatkatte bo hondjies wat vir ´n durende ritteltit geteel word, kindergeselskap bo small talk; die dagbreekure bů die ure rondom middernag; reis en werk bo sit en rondskuif; die verhale van Afrika tans bo die verhale van die Habsburgs.

Sy skryf romans, jeugverhale, kinderboeke, rubrieke vir tydskrifte en koerante, kortverhale en lewensverrykingsboeke, laasgenoemde veral vir vroue. Daar het al meer as negentig boeke uit haar pen verskyn, waaronder Die inkvoël, wat in die White Raven-versameling opgeneem en in Duits, Hollands en Engels vertaal is, Die geÔllustreerde kinderbybel in Afrikaans en Engels, Plek van die dolfyne, Heel en helder, Vreugdekruid en vrede, Sterprinses en Voor die oog van hierdie son, wat in Hollands vertaal is.

Jacoba Afrikaner word uitgegee deur Tafelberg.
Koop Jacoba Afrikaner...


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, lewer jou kommentaar / bydrae hier of faks dit na 0866668575.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W