Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Nuwe Geskiedenis Van Suid-Afrika

Die laaste omvattende geÔllustreerde geskiedenis van Suid-Afrika het meer as 'n dekade gelede verskyn. Intussen het ingrypende verandering plaasgevind, nie net in die politiek nie, maar ook in die geskiedskrywing en die argeologie. Met diť nuwe geskiedenis wil die skrywers die opwinding van vars insigte aan lesers oordra.

Die boek, geskryf deur 28 van ons voorste kenners, sluit die jongste internasionale navorsing in. Dit begin by die onstaan van die mensdom, vertel dan die storie van die Khoikhoi, slawe en burgers, die groot migrasies van die pre-koloniale tyd en die trek in die binneland in van trekboere en Voortrekkers.

Later kom die ontdekking van diamante en goud wat die gang van Suid-Afrika se politiek radikaal verander. Oorlog breek uit in 1899; ook oorloŽ wat in 1914 en in 1939 in Europa uitbreek laat plaaslik nuwe kragte vry. Die boek vertel van segregasie, politieke organisasie en verset, en uiteindelik die oorgang van 1994 en die vorming van 'n nuwe samelewing met nuwe dinamika.

Hiernaas kyk die skrywers ook na breŽr kulturele strominge, na die deurslaggewende rol van godsdiens en die sending en die sug na onderwys.

Nuwe geskiedenis van Suid-AfrikaMet die heel nuutste inligting en invalshoeke word die storie van Suid-Afrika en sy mense gesaghebbend dog leesbaar vertel.

Professor Hermann Giliomee was Professor in Politieke Studies aan die Universiteit van Kaapstad en is tans Buitengewone Professor in Geskiedenis aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy The Afrikaners - Biography of a People (in Afrikaans Die Afrikaners - 'n Biografie) bly plaaslik 'n besonder sterk verkoper in Afrikaans sowel as in Engels, en is in die VSA en in Brittanje uitgegee.
Koop / Buy Nuwe Geskiedenis Van Suid-Afrika ...

Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W