Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Magnus Malan: My lewe saam met die SA Weermag

Magnus Malan: My lewe saam met die SA WeermagMagnus Malan het reeds as 13-jarige skoolseun weggeloop om by die destydse Unieverdedigingsmag aan te sluit. Dit was natuurlik tevergeefs, maar sedert hy in 1946 wel by die liggaamlike opleidingsbrigade kon aansluit, was sy loopbaan en lewe vir bykans 42 jaar onherroeplik met die Suid-Afrikaanse Weermag vervleg.

Malan se militere loopbaan het hom na verskillende plekke in Suider-Afrika geneem - na Robbeneiland, na die toenmalige Suidwes-Afrika waar die SA Weermag die Suid-Afrikaanse mandaatgebied moes beskerm, na die Militere akademie op Saldanha, na die Kasteel in Kaapstad.

As Hoof van die Leer en later as Hoof van die Weermag is hy ten nouste berokke by Suid-Afrika se inval in Angloa in 1975 en talle oorgrensoperasies in die dekade wat daarop volg.

Magnus Malan tree ook toe tot die politiek en sal veral onthou word as Minister van Verdediging in die 1980's. Malan lewer op bondige wyse verslag oor die invloed wat politieke verwikkelinge in Suider-Afrika sedert 1960 op die strukture en funksies van die Suid-Afrikaanse Weermag gehad het; oor die suksesse van Krygkor en oor Suid-Afrika se kernwapenvermoe. Hy verskaf waardevolle konteksgegewens van 'n tydperk volgeprop met staatkundige en militere gebeure; 'n tydperk wat buitengewone betekenis vir hierdie geslag en die nageslag het, maar wat tans byna vergete geraak het.
Koop / Buy Magnus Malan: My lewe saam met die SA Weermag ...


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W