Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Hanteer Depressie

Hanteer Depressie

Annes Nel is by uitstek gekwalifiseer om oor depressie te skryf. Hy is ´n berader wat reeds baie depressielyers moes help, maar wat ook self ´n depressielyer is en dus vanuit persoonlike ervaring leiding kan gee.

Hy benadruk die feit dat depressie nie ´n teken van swakheid is nie en dat ´n holistiese benadering die antwoord is. "God se liefde sluit jou siekte in. Maar sy genesingsplan sluit ook die medikasie en die mense in wat Hy toegerus het om jou gesond te maak: dokters, sielkundiges en psigiaters."

Die skrywer voel sterk dat dit nie ´n mosie van wantroue in God is as jy professionele hulp soek of medikasie gebruik om hierdie siekte van ons moderne tyd hok te slaan nie.

Die boek help ook die mense na-aan die depressielyer asook beraders, dokters en sielkundiges om die sieke te verstaan en te ondersteun.

Hanteer depressie is deur Lux Verbi.BM uitgegee. Dit is in sagtebandformaat en beslaan 128 bladsye. Navrae kan gerig word aan die uitgewer by 0860 231 231.
Koop/Buy Hanteer Depressie...


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W