Stuur jou resensie vir ons by

Die nuwe Afrikaanse woordelys en spelreëls is lekker, sê die ingewydes. Maar jok hulle? Is dit ´n taalkomplot tussen ivoortoring akademici, studente en skoliere? Ondersoek die saak en bevind: Die Taal is loslit! Afrikaanse familie kry nuwe lede: Die opname van woorde soos Internet, e-pos en formateer wys Afrikaans staan sy man in die rekenaarbedryf. Terwyl toi-toi, sepie, abseil, bôma, bazoeka, katelknapie en honkietonk Afrikaans ´n lekker stertswaai gee. Kopkrapvrae word beantwoord: Is die inwoner van Barcelona 'n Barceloner of Barceloon? Is Barbados se klimaat ´n Barbedaanse of Barbedosse verskynsel? Kan mens die inwoners van sneeu-geteisterde Alaska dalk Alaskiërs noem? En dis ver nie al nie... 500 sogenaamde sleng woorde word gerehabiliteer as "Omgangsafrikaans" en jouwrintie, Russiese name kry ´n Afrikaanse geur'tjie. Ons vind ook uit of mens sê: Is jy gekoller en getaai of dalk gecollar en getie, of dalk albei? Vind saam uit en praat/skryf heerlik!
Koop die AWS
Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!
Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.
© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.