Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Sorg

Sorg

In die begin het die Skepper die hemel en die aarde geskape, en toe Hy by die Klein-Karoo kom, sÍ Hy: "Laat daar bruin, harde grond, vaal bossies en klippers wees." Toe maak Hy 'n bietjie te veel daarvan en dit strek vir tweehonderd myl lank en eenhonderd myl breed. Ewentwel.

Op die vyfde dag het Hy die diere geskep, en vir afleiding en aardigheid maak Hy sommer die koddige volstruis.

Die sesde dag maak hy die mense, en toe hy die Khoi en die San in die Karoo neersit, wil hulle hulle doodlag vir die Groot Volstruis met sy lang nek en sy eierlyf. Net daar vererg die Groot Volstruis hom en sweer wraak teen die nasate van die mens, tot in die verste geslag.

Die wraak tref Hendrik van der Westhuizen, uithaler jong boer van die Oudtshoorn-distrik, op die vooraand van sy troue met die hovaardige Isabella Fourie, toe hy halsoorkop verlief raak op die pragtige bediendemeisie Eva Damon.

Maar die instink van sorg, grond en erf loop te sterk in Hendrik, en hy word verskeur tussen plig en liefde. Toe die volstruisveerbedryf later, nadat dit hoog opgelig het, hard laat val, kry die Groot Volstruis sy finale hou in. Eers met Hendrik en Eva se nageslag, toe Danie van der Westhuizen, argeoloog, en Tessa van der Westhuizen, verloopte kunstenaar, by die Klein-Karoo Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn ontmoet, word al die ou spoke opgejaag.
Koop / Buy Sorg ...


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W