Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Arthur C. Clarke 1917 - 2008

Arthur C. Clarke, een van die grootste skrywers van wetenskapsfiksie en vader van die telekommunikasiesatelliet, is op 19 Maart oorlede nadat hy asemhalingsprobleme ontwikkel het.

Clarke het meer as 80 boeke geskryf, beide fiksie en niefiksie, en meer as 100 kortverhale gepubliseer. Sy bekendste werke was Rendezvous With Rama (1973) en 2001: A Space Odyssey (1968). Laasgenoemde is na die silwerdoek gebring deur die bekende regisseur Stanley Kubrick en word beskou as een van die beste films van alle tye. Rendezvous With Rama het die gesogte Nebula-, Hugo- en John W. Campbell-toekennings ontvang. In 2000 is hy tot ridder geslaan vir sy bydrae op die gebied van die literatuur. Sy laaste boek The Last Theorem, geskryf saam met die bekende Frederik Pohl, is voltooi en sal later vanjaar verskyn.

Arthur C. Clarke het ook op wetenskaplike gebied ’n reuse bydrae gelewer. Reeds in 1945 het daar ’n artikel van hom verskyn in Wireless World waarin hy ’n uitleg gee van hoe ’n toekomstige kommunikasienetwerk sal lyk wat bestaan uit satelliete wat om die aarde wentel op ’n hoogte van 22 300 myl (omtrent 35 888,37 km). Hierdie hoogte word vandag deur telekommunikasiesatelliete gebruik en dit staan bekend as die Clarke-wentelbaan.
Die eerste kommunikasiesatelliet is eers in 1963 gelanseer, amper 20 jaar na die artikel. In die tyd wat die artikel verskyn het was Clarke ’n pionier op die gebied van radar.

In sy niefiksie werk The Exploration of Space (1951) behandel hy beide die tegniese besonderhede en sosiale impak van toekomstige ruimtevaart.

In sy roman The Fountains of Paradise (1979) kom hy vorendag met die idee van ’n ruimtehysbak. Verskeie maatskappye is vandag in ’n stryd gewikkel om die eerste werkende ruimtehysbak te vervaardig. Clarke het geglo dat hy eendag hoofsaaklik onthou sal word as die persoon wat die ruimtehysbak ontdek het. Vir sy bydraes tot die wetenskap het Arthur C. Clarke die Charles A. Lindbergh-toekenning ontvang.

Arthur Charles Clarke is oorlede in Colombo, Sri Lanka, waar hy sedert 1956 woon. Hy was 90 jaar oud.

Arthur C. Clarke se laaste boodskap:

Rendezvous With Rama
Koop / Buy Rendezvous With Rama ...

2001: A Space Odyssey
Koop / Buy 2001: A Space Odyssey ...

The Fountains of Paradise
Koop / Buy The Fountains of Paradise ...

Songs of Distant Earth
Koop / Buy The Songs of Distant Earth ...

Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W