Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Pharos 1

Die moederskip van Afrikaanse woordeboeke land in Augustus.

Pharos Woordeboeke se gesaghebbendste naslaanwerk, die Pharos Afrikaans-Engels / Engels-Afrikaanse Woordeboek kan nou ook elektronies geraadpleeg word. Die elektroniese weergawe van die woordeboek bevat al die goeie hoedanighede en meer van die gedrukte weergawe wat in 2005 gepubliseer is. Bo en behalwe vertalings vir meer as 200 000 trefwoorde en 120 000 frases en uitdrukkings, is regstellings van setfoute in die elektroniese weergawe gedoen en is splinternuwe woorde en uitdrukkings bygevoeg. Soektogte wat eens tydrowend was, kan nou blitsvinnig resultate op trefwoord- en uitdrukkingsvlak lewer. As 'n spesiale bekendstellingsaanbod word die CD-ROM vir 'n beperkte tyd saam met die boekweergawe van die woordeboek verpak en as een pakket aangebied.

Pharos Woordeboeke is die enigste uitgewer in Suid-Afrika wat hom uitsluitlik op woordeboeke toespits. Met die hulp van spesialismedewerkers en die jongste rekenaartegnologie word sy woordeboeke en taalhulpmiddels gereeld hersien en aangepas. Pharos se eie span leksikograwe ontwikkel voortdurend nuwe produkte om by die snel veranderende behoeftes van Suid-Afrikaanse woordeboekgebruikers aan te pas.
Koop / Buy Pharos 1 ...


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W