Stuur jou resensie vir ons by
Die boek bevat ´n keur uit Le Roux se moedswillige Beeld-rubriek. Lees onder meer oor Eugene TerreBlanche se hartstog vir sy ou ryperd, ´n minister wie se boude deur die hele wêreld gesien word, Bobby Skinstad se sonde met die bure en die biere, ´n balls-up op Bloemfontein se lughawe, die Sandtonse sekswerker wat twee weke met ´n ereksie rondgeloop het nadat hy hom met ´n teen-impotensiemiddel laat inspuit het, en wat gebeur wanneer Internet-minnaars mekaar ontmoet.
En dis nie al nie. Daar is ´n stuk met die titel Hulle oe en aa en sê dan Yes! Yes! Yes!. ´n Ander een heet Boesak is die bliksem in, Boetman. Lees ook van ´n burgemeester en sy muis wat weghol, President Mbeki se gesprek met ´n kens koei en hoe PW en ´n hoender om dieselfde vuur sit.
Andre! Andre! Waar dink jy al jou stories uit? JY IS BAIE STOUT!
Andre le Roux is die skrywer van die digbundel Struisbaai-blues, die roman Te hel met ouma! en die opspraakwekkende kortverhaalbundel Sleep vir jou ´n stoel nader. Sy stuitige Sarie-rubrieke, Op die man af, het ook in boekvorm verskyn. Hy bly in Kaapstad.
Nou ja toe kos R59.95. Dit kan bestel word by Nasionale Boekhandel se tolvry nommer 0800-220-224. Jy kan ook e-pos stuur aan Hilton Ruthford.
Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!
Maak jou stem dik op ons Forum, lewer jou kommentaar / bydrae hier of faks dit na 0866668575.