Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Self

In Self lÍ die bekende mediese dokter, dr. Linda Friedland, 'n bloudruk voor aan vroue vir 'n buitengewone lewe. Die boek leer lesers om beheer te neem oor ses essensiŽle aksie-areas in hul lewens, naamlik:
∑ Bemagtig: Neem die beheer oor jou eie lewe, jou uitkyk op die lewe, jou fisiese liggaam, jou selfbeeld, jou verhoudings, jou tyd en veral jou gesondheid.
∑ Omhels: Leer om jouself te versorg, in plaas daarvan om te verwag dat ander jou moet versorg.
∑ Eet: Kies die regte kos vir voeding, plesier en vertroosting.
∑ Oefen: Kies en hou vol met die regte oefening om goeie gesondheid te behou.
∑ Energie: Vind die korrekte balans van oefening, eet en stresverligting tegnieke wat vir jou werk.
∑ Verryk: Stel uitdagings aan jou geestelike spiere en laat dit groei.

Om vroue te help om die beheer oor te neem oor hulle lewens, bevat die laaste hoofstuk van die boek opgedateerde inligting oor vroulike gesondheidsprobleme wat algemeen voorkom.

Hierdie boek is gepak met inligting oor alle aspekte van vrouens se gesondheid. Met gevallestudies van werklike lewenservarings in elke hoofstuk, vraelyste om jouself te toets en weeklikse "hoe om te"- planne om die beheer oor te neem oor elk van die ses areas, is die boek 'n praktiese gids tot selfverbetering.

Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W