Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Die groot aanhalingsboek

Die groot aanhalingsboek

Toe hierdie boek meer as ´n dekade gelede verskyn het, is daar byna 8 000 eksemplare verkoop. Die eerste uitgawe het die klem laat val op aanhalings uit Afrikaanse bronne, maar nou is daar ´n hele rits aanhalings uit klassieke werke, Shakespeare en ander internasionale bekendes ingesluit.

Uniek wat sy Afrikaanse karakter betref, sluit die lekker handige verwysing nou ook onlangse uitsprake en aanhalings in van bekendes soos N P van Wyk Louw. Heelwat aanhalings oor die politiek en militêre aangeleenthede is in hierdie nuwe uitgawe opgeneem en nuwe kategorieë sluit in "Seks", "Verleentheidsuitsprake" en "Graffiti, Baniere en Plakkate".

Die boek bevat ruim 3 500 aanhalings, ingedeel in ongeveer 60 alfabetiese onderwerpe. ´n Wyse persoon het op ´n keer gereken dat graffiti die beste uitdrukking is van ´n nasie se humorsin - en nêrens is dit meer van pas as in die hoofstuk oor graffiti in hierdie boek nie. Die graffiti is maar rof en grof. Sommige sal dink dit is slim en snaaks, maar preutse lesers mag die robuuste taal te ryk vind vir hul smaak.

´n Paar van die minder gewaagde aanhalings lui soos volg:
"The end of the world is naai" - op ´n muur in Yeoville, Johannesburg.
"Eugene stoot hekke oop" - op ´n Krugerdorpse muur nadat Eugene Terre'Blanche tydens ´n beweerde verhouding met Jani Allan die hek by die Paardekraalse monument oopgestamp het.
"Die rykes word ryker en die armes kry Khayelitsha" - teen ´n muur in Kaapstad.
"Wees goed vir jou kinders; hulle moet jou ouetehuis eendag kies" - op die muur van die Randse Afrikaanse Universiteit.

Hierdie bundel verdien ´n plek op jou boekrak. Enigeen op soek na ´n gepaste aanhaling om ´n brief, voorlegging of toespraak mee op te kikker sal dit heel moontlik hier vind.

Die groot aanhalingsboek word uitgegee deur Human & Rousseau.
Koop Die groot aanhalingsboek...


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W