Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Spieserye

Spieserye liegstories, lagstories. Stories soos net Jan Spies hulle kon vertel.

In Pilatus tot molshoop beleef ons petaljes met motors. Daar is 'n Ford wat vir sy baas in die beeskraal gaan wegkruip, en 'n ander Ford wat een nag 'n engel plaas toe bring. Oubaas en Mankoeran se Bokshol het weer 'n baie lastige klits en briek en net met 'n bestiering bly al drie in die pad. Ook het ons hier boerdery-stories - gedoentes met hoenders in 'n losieshuiskamer, molle wat uitgelok moet word, en katte wat nie is wat hulle is nie.

Hierna volg Poort deur die koue waarin Spies onder meer vertel van 'n leerlingverpleegster se slim planne met 'n emmer vol kunstande, 'n bobbejaan wat kom spook in die plek van 'n afgestorwe boervrou, 'n groot-eet in 'n gemsbokpark, en 'n oudstryder se taalprobleem op die paradebaan.

Baasjagters en voorsingers, spoke en spekskieters - hulle is almal in Profeet met kondensmelk. Saam met die tante wat die duiwel een Nagmaalsnaweek sy hele bose gedagte laat wegskrik, vindingryke kinders wat maak dat Spreuke Levitikus word, Openbaring Habakuk, en 'n ou dokter wat 'n reusekrat boerbeskuit en moskonfyt oor see en land moet karwei.

SpieseryeOok in Pille vir servette maak Spies 'n klomp karakters sit en staan wat die leser nie lig sal vergeet nie. Koddig, beminlik, vindingryk. Ou Orrelkosie kan - as jy 'n halwe dag het om te luister - vir jou presies beduie hoe 'n mens 'n pil oor 'n siek hoender se tong kry. 'n Kalahari-boer maak weer vir jou duidelik hoe mens in die sandwÍreld met 'n lastige smous se gal werk. Dan is daar nog die ontsaglike kÍrel met die groot pens wat hom dood hou op die slagveld om die Engelse te flous.

As bonus is daar ook drie 'nuwe' verhale wat in Spies op sy stukke verskyn het: Een het Jan, op P.G. du Plessis se aandrang, diep uit 'n laai gehaal. Dis 'n ongewone Spies-storie wat treffende hulde bring aan die vertellers van alle eeue. Die ander twee het Jan Spies nog net op spesiale versoek vertel: van die twee seuntjies se probleme met hul dom pa's, en van die fris tannie wie se kerkrok nie reg wou sit nie.
Koop / Buy Spieserye ...

Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W