Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Klein tuine vir Suid-Afrika

Al hoe meer huise wat deesdae in Suid-Afrika gebou word is deel van 'n tros- of meenthuisontwikkeling. Die huiseienaar sit met die uitdaging om 'n klein lappie grond, binnehof of balkon in 'n aangename en aantreklike buitelugarea te omskep. Die beperkte ruimte verg hope skeppendheid en verbeeldingskrag. Boonop moet Suid-Afrikaanse tuiniers waterskaarste in gedagte hou en hul inheemse plante ken. Maar die beloning vir die harde werk is 'n droomtuin wat maklik is om te onderhou, die styl en ontwerp van hul huis aanvul en oneindige plesier aan hulle verskaf

.

Michéle Terblanche is 'n ervare tuinier, sy ken plante en sy het 'n passie vir tuinmaak. Sy sal jou help om 'n tuin te ontwerp wat by jou behoeftes pas en wat uitdrukking gee aan jou persoonlike styl.

Van die kwessies waarna sy in hierdie boek kyk is: . die verskillende style van tuine, waaronder uniek Suid-Afrikaanse tuine . die beplanning en ontwerp van 'n tuin . die kies en aankoop van plante . grondvoorbereiding . instandhouding . hoe om tuinplae en -siektes te behandel . tuinversierings.

Klein tuine vir Suid-AfrikaMichéle Terblanche kom uit 'n familie van toegewyde tuiniers en sy het in Pretoria grootgeword. Sy het aan die universiteite van Pretoria en Stellenbosch gestudeer en 'n graad in kunsgeskiedenis, tale en sielkunde behaal. Sy het haar as onderwyser bekwaam, waarna sy in Bonteheuwel en daarna 'n skool in 'n dorpie in Malawië gaan skoolgee het. Dis hier waar sy besluit het om haar droom om 'n tuinontwerper te wees te bewaarheid en sy het haar vir 'n tuinboukursus by die eertydse Pretoria Technicon ingeskryf.

Nadat sy gekwalifiseer het, het sy by die Nu-Leaf Nurseries begin werk waar sy beddingplante gekweek en verkoop het. Daarna het sy vir tien jaar in die afdeling inheemse blombolle by die Landbounavorsingsraad by Roodeplaat gewerk. Sy het gespesialiseer in die kweek van plante en die ontwikkeling van variëteite, asook in die verbouing van inheemse medisinale plante.

In 1997 het Michéle haar eie, suksesvolle tuinontwerpbesigheid begin, en sedertdien skep sy klein en groot tuine in elke denkbare vorm en styl. In dié tuine kombineer sy 'n besonderse kunssinnige flair met wysheid, insig en 'n opregte liefde vir plante en tuinmaak.

Sy woon in 'n bekoorlike huis in Pretoria, omring deur al haar lieflingplante.
Koop / Buy Klein tuine vir Suid-Afrika ...

Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W