Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Ware liefde: bekende Suid-Afrikaanse paartjies

Ware Liefde vertel die boeiende liefdesverhale van 27 bekende Suid-Afrikaanse paartjies.

Daar is die diep en durende verbintenisse tussen Desmond en Leah Tutu, Beyers en Ilse Naudť en Edoardo en Claire Villa. Jan-en-Marjorie (Rabie) se name word gekoppel en Desdawn (Lindberg) s'n as een woord uitgespreek. Uit die Suid-Afrikaanse geskiedenis is daar die vroue langs Jan Smuts, Koos de la Rey en M.T. Steyn. Daar is die kortstondige geluk van EugŤne Marais en die beeldskone Lettie, en A.G. Visser en sy "juffrou Marie".

Digter Carina Stander se huwelik met Gerrit van Niekerk en skrywer Jackie Nagetaal s'n met Vera het nog nie tot volle wasdom gekom nie. En wie weet of die Suid-Afrikaanse swemmer dalk die koningin van Monaco gaan word? Liefde wat floreer, maar soms ook taan, teen besware en hindernisse in soos diť tussen Allan en Elna Boesak, F.W. en Elita de Klerk, en wys dat die liefde ouderdoms- en rasseverskille oorbrug.

Ware liefdeSoms sneuwel die liefde onder die eise van die politiek, of smelt dit in die fel kollig van roem, maar die meeste van die verhale spreek van skitterende geluk.
Koop / Buy Ware liefde: bekende Suid-Afrikaanse paartjies ...

Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W