Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Ligdans

Depressie, saam met stres, is die siektes van ons tyd - met die gevaar dat dit talle ander fisiologiese kwale kan veroorsaak.

Omdat niemand daarop kan reken dat depressie hķlle nie sal tref nie, is dit 'n boek wat by almal aanbeveel kan word. Die uniekheid van die boek is dat dit nie een persoon se storie is nie, maar diť van 16 Suid-Afrikaners - onder hulle baie bekende persone - wat eerlik vertel van hulle worsteling met "die hel van diť siekte", maar wat ook die hoop bied dat daar 'n terugkeer na die goeie lewe kan wees. Behalwe die vertellers is daar ook kundiges wat professioneel maar toeganklik oor diť siekte en behandelingsmetodes praat. Ruda Landman skryf die aanbevelingswoord voorin.

Ligdans is 'n aangrypende, unieke boek oor depressie. Die skryfster, die vrolike tydksrifjoernalis Jeanne Els, vertel hoe sy in 'n verskrikkende, donker maalkolk van depressie beland het. Met genade van Bo, 'n diep geloof, mediese hulp en haar geliefdes se bystand kon sy mettertyd egter weer met passie begin leef.

Sy verweef haar eie rou maar ook hoogs inspirerende verhaal met die vertellings van 16 ander Suid-Afrikaanse depressie-vegters wie se ouderdomme, beroepe en geloofs- en lewensfilosofieŽ verskil, maar almal openlik erken (sommige vir die eerste keer) dat hulle teen depressie veg. Uiteindelik word hulle klopdans van wanhoop egter 'n hoopvolle dans in die lig - maar sonder dat hier oppervlakkige en onoortuigende oplossings opgedis word.

Ook vier kundiges - 'n psigiater, kliniese sielkundige, huisarts en geestelike berader - beskryf op toeganklike manier presies wat aan depressie gedoen kan word.
LigdansKoop / Buy Ligdans ...

Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2008, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W