Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Die stille epidemie

Oorgewig … Depressie … Haarverlies … Slapeloosheid … Waterretensie? Lei jy aan enige van of al hierdie simptome?

Indien wel, is dit maar net 'n paar van die tekens van 'n onderaktiewe skildklier. In 2005 het Huisgenoot / YOU 'n artikel geplaas waarin Mariette Chippindall vertel het van die pad wat sy gestap het van 'n depressiewe, oorgewig vrou met 'n ongediagnoseerde skildklierprobleem na 'n Mevrou Suid-Afrika 2005-finalis ('n titel wat sy twee weke later sou inpalm).

Die lesers se reaksie was oorweldigend: meer as 6 000 mense het Mariette geskakel binne die eerste drie weke nadat die artikel gepubliseer is. Dit was letterlik die hulpkreet van so baie mense met skildklierverwante probleme. En Mariette het besef dat sy afgekom het op iets waaroor so min van ons praat, maar waarmee so baie van ons saamleef … iets wat gegroei het tot 'n stille epidemie.

In hierdie titel, enig in sy soort, vertel Mariette van die gebrek aan die regte inligting en gepaardgaande frustrasie, desperaatheid en hartseer wat sy ervaar het op haar pad terug na 'n gesonde skildklier.

Die Stille EpidemieSy skryf ook oor die roem, glans en geluk wat sy teruggekry het as gesonde vrou en skoonheidskoningin. Dit wat sy nou as haar lewenstaak beskou, lÍ haar na aan die hart: om ander skildklierlyers te help om by die regte diagnose en behandeling vir hul probleem uit te kom.

Verskeie dokters, aptekers en navorsers het bygedra daartoe om aan haar hierdie inligting oor, kennis en insig in skildklierprobleme te gee.

Dis 'n stryd wat so baie van ons so lank al in stilte stry - waarlik 'n stille epidemie waaraan daar uiteindelik nou 'n stem gegee word.
Koop / Buy Die stille epidemie ...

Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W